Min daag op vir uitsending van Mandela-begrafnis

Skermskoot van eNCA se regstreekse uitsending van die begrafnisdiens in Qunu in die Oos-Kaap

Skermskoot van eNCA se regstreekse uitsending van die begrafnisdiens in Qunu in die Oos-Kaap

Oud-president Nelson Mandela se begrafnisdiens in Qunu in die Oos-Kaap word regstreeks by verskeie plekke regoor die land uitgesaai.

ʼn Handjievol mense het die koue trotseer by die parlementsgebou in Kaapstad. Personeellede van die parlement het ʼn rusbank uitgedra sodat ʼn paar ouer vroue kon sit.

Klein groepies mense het ook om 08:30 by Orlando-stadion in Soweto opgedaag om na die uitsending te kyk.

Die Lucas Moripe-stadion in Atteridgeville, wes van Pretoria, was Sondagoggend nog so te sê leeg. Noah Maile van die Siyahlala informele nedersetting in Atteridgeville het gesê hy het slegs na die stadion gekom, aangesien daar geen elektrisiteit in die informele nedersetting beskikbaar is nie.

Slegs ʼn paar mense het by Ellispark-stadion in Johannesburg opgedaag vir die uitsending. Daar is ook baie min polisie-aktiwiteit buite die stadion en nooddienspersoneel het geskerts hulle het die groot skerm vir hulleself.

Vuyani Nyobole van die Metodiste Kerk het Mandela se staatsbegrafnis geopen met die gelykenis van die talente uit Matthéüs 25.

Volg eNCA se regstreekse uitsending:
http://www.youtube.com/watch?v=dbIhuEyo0sI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.