Minder wit kinders gaan skool

Die aantal wit leerders tussen 16 en 18 jaar wat ʼn onderwysinstelling bywoon het afgeneem van 91,9% in 2002 tot 86,6% in 2009.

Dit is volgens ʼn verslag van die departement van basiese onderwys wat saamgestel is uit Statistiek Suid-Afrika se algemene huishoudingsopname vanaf 2002 tot 2009. Die opname is onder sowat 30 000 huishoudings in Suid-Afrika gedoen. Die verslag het ook bevind dat die aantal wit leerders tussen 7 en 15 jaar wat nie skoolgaan nie toegeneem het van 0,4 % in 2002 tot 1% in 2009. Die redes wat hiervoor aangevoer is onder alle rassegroepe is: geen geld vir skoolgeld (28%), onderig is sinneloos en oninterressant (15%), kan nie op skool presteer en swangerskap is ook as redes aangevoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anoniem ·

Ek kan indink dat ‘n gebrek aan geld as rede aangevoer kan word vir kinders wat wegbly van die skool af, maar daar is talle skole wat korting gee op skoolgeld vir enkelouers en weeskinders kan selfs gratis skoolgaan. En wat van kerke? Ek weet byvoorbeeld dat ons diakonie al meer as een keer ‘n gesin bygestaan het met skooluitgawes. Kom ons help mekaar om ons kinders in die skool te kry!

Dit is baie slegte nuus. Opleiding is juis die manier waarop mense uit hulle armoede kan opstaan en die feit dat geld as rede voorgehou word vir kinders wat die skool verlaat is baie kommerwekkend. Soos wat ek dit verstaan mag kinders boonop nie weens finansiële redes weggewys word nie. 

Anoniem ·

Dit is net weer die bewys van die samelewing se verval. ‘n Hoë kultuur word verruil vir ‘n laer of kultuurlose een. Dan is daar ook die verlore identiteit of samesmelting van ander identiteite. Identiteitstrots is is verlore. Ek wonder wat die verslag oor dwelmmisbruik gesê het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.