“Minderhede sal hulle nie van stryk laat bring deur Malema-uitsprake”

Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Malema. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die burgerregte-organisasie AfriForum het in reaksie op Julius Malema se polariserende uitsprake die afgelope naweek gesê dat minderheidsgemeenskappe in besonder en die gematigde meerderheid Suid-Afrikaners in die algemeen, hulle nie van stryk sal laat bring deur Malema se tirades nie. Volgens AfriForum het minderhede in die geskiedenis al baie groter uitdagings as Malema met groot sukses getrotseer.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het gesê dat sy organisasie hom nie op sleeptou sal laat neem deur Malema nie, maar dat AfriForum ook nie huiwer om ferm teen Malema op te tree, sou die situasie dit vereis nie. “AfriForum se regspan is reeds gevra om Malema se uitsprake die afgelope naweek te bestudeer en aanbevelings te maak oor moontlike optrede, “ het Roets bygevoeg.

“AfriForum is tot die bevordering van wedersydse erkenning en respek verbind. Daarom is die stryd teen rassistiese en polariserende uitsprake soos dié van Malema vir ons ʼn prioriteit. Hoewel Malema ʼn gemarginaliseerde figuur is, sal ons op sy uitsprake reageer in soverre as wat dit nodig is om vreedsame naasbestaan te bevorder.”

Lees ook:
Malema spreek die skare toe by EFF-bekendstelling

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Angelus ·

Hy’t nou wel sy rooi “koos” op sy kop, maar waar is sy rooi hemp? In die was of het dit gekrimp?

Henrietta Klaasing ·

Ek verstaan hy het weer “Kill the boer” gesing. Hy het dit teen ‘n dansende president, maar wat sal sy uitstaande kenmerk wees indien hy daardie posisie beklee: Minagting van die hof?

Alida Engelbrecht ·

Malema is vandag in Die Burger aangehaal dat hy sou gesê het dat huishulpe verkrag en aangerand word deur hul “base”, en dat versoening tussen wit en swart onmoontlik is terwyl die witmense met “gesteelde” grond in hulle hande sit.Hy sê ook dat hulle nie n wit volksmoord wil aanvoer nie, terwyl witmense swart volksmoord gepleeg het. Wat my betref is dit holrug geryde uitsprake wat grens aan haatspraak.

Amy ·

Die ou is so mal soos ‘n haas. Ons moet ons nie aan hom steur nie. Ek is seker hy is as baba ‘n paar keer op sy kop laat val. Siestog.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.