Minimumloon vir huishulpe verhoog

skoonmaakDie minimumloon vir huishulpe sal volgende week verhoog word, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, Vrydag aangekondig.

“Vanaf 1 Desember is die minimumloon vir diegene wat in stedelike gebiede meer as 27 ure per week werk, R9.63 per uur,” het die departement in ʼn verklaring gesê. “Hul eweknieë in plattelandse gebiede moet ten minste R8.30 per uur verdien.”

Die minimumloon vir huishulpe wat langer as 27 uur per week werk is soos volg:

Gebied A: R9.63 per uur; R433.35 per week (vir ʼn 45-uur week) en R1 877.70 per maand (vir ʼn 45-uur week).

Gebied B: R8.30 per uur; R373.50 per week (vir ʼn 45-uur week) en R1 618.37 per maand (vir ʼn 45-uur week).

Gebied A is alle stedelike gebiede met munisipaliteite, soos Buffalo City, City of Tshwane, Emalahleni (Witbank), Johannesburg en ander.

Gebied B sluit munisipaliteite in wat nie by Gebied A ingesluit is nie.

“Die loonwysiging is deel van ʼn jaarlikse bepaling wat deur die minister van arbeid gemaak word kragtens die Wet op Basiese Diensvoorwaardes.”

Die minimumloon van huishulpe wat minder as 27 uur per week werk sien soos volg daarna uit:

Gebied A: R11.27 per uur, R304.29 per week (vir ʼn 27-uur week), en R1 318.48 per maand (vir ʼn 27-uur week).

Gebied B: R9.80 per uur, R264.60 per week (vir ʼn 27-uur week en R1 146.51 per maand (vir ʼn 27-uur week).

Die uurlikse tarief vir gebied A was in 2012 R8.95 en R7.65 vir gebied B.

Die departement het gewaarsku dat huishulpe kragtens die wet nie langer as 45 uur per week mag werk nie; nie langer as nege ure per dag vir ʼn vyf-dag werksweek nie; of nie meer as agt ure per dag vir ʼn ses-dag werksweek nie.

Oortyd moet teen een en ʼn half keer die werknemer se normale loon betaal word, of die werknemer kan ooreenkom om betaalde verlof in ruil daarvoor te ontvang.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Deana ·

Ek kom baie goed klaar sonder ‘n huishulp, selfs my kruideniersware en eetgerei hoef nie meer op ‘n gereelde basis aangekoop en vervang te word nie.

Justi ·

Dankie tog ek het geen huishulp nie.

Die verhoogde salarise is verstaanbaar want die lewenskoste styg daagliks.

Die gevalle waar hulle jok en se die werkgewer het hulle so gevloek en dit en daai en die volgende gese, terwyl dit nie so is nie………..nee wat. Weereens hou verby.

Jy kry seker mense wat bar is wat die huishulpe lelik behandel.

Ek glo daar is soms baie keer n rede daarvoor. Want as iets “voete” gegroei het of gebreek het…………is al wat jy as antw by hulle kry……….” I don’t know’ selfs al is jy die enigste inwoner in jou huis.

Kenko ·

Ons is baie gelukkig met die dienste wat ons huishulp lewer. Altyd stiptelik, netjiese werk en vriendelik. Waarskynlik omdat ons haar ver bo die minumumloon betaal en haar behandel soos ons graag behandel word. In ons besigheid geld dieselfde en lewer ons werkers uitstekende diens.

Hans ·

En so is my huishulp nou sonder werk….kan dit nie meer bekostig nie! Dis reg ANC julle laat julle eie mense sonder werk nsit deur hulle onbekostigbaar te maak

annette ·

Ek het n huishulp wat op Maandae werk. van 9.00 tot 1.30. kan iemand my se wat is die loon dan. dankie

Griet ·

Die minimumloon van huishulpe wat minder as 27 uur per week werk sien soos volg daarna uit:
Gebied A: R11.27 per uur
Gebied B: R9.80 per uur

Max ·

Kenco, mooi man stel die voorbeeld hoe dit eindelik moet werk. Ek sal nooit sonder my huishulp gaan nie, sy is my regterhand en verdien om met respek behandel te word.

Freddie ·

Ek wonder so half onwillekeurig… Hoe kan iemand oorleef op R9.63 per uur? Myns insiens is dit nogsteeds te laag…
As jy jou eie huis wil skoon maak omdat dit te duur raak, doen so voort. Maar moenie kom met “dis te duur nie”… Ek wonder hoeveel verdien jy as jy kla dit dit “te duur” is…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.