Minimumloon vir plaaswerkers tree in werking

Die nuwe minimumloon vir plaaswerkers tree van vandag af in werking.

Page Boikanyo, woordvoerder van die departement van arbeid, het boere gemaan om aan die nuwe minimumloon van R105 ʼn dag te voldoen. Dit was voorheen R69 ʼn dag.

“Ons glo die meeste boere gaan aan die vereiste voldoen, maar ons beklemtoon dat dié wat nie die nuwe loon kan bekostig nie, vir verligting aansoek moet doen. Die regering het stappe in plek gestel om boere te help wat dit nie kan bekostig nie,” het Boikanyo gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.