Minirompe maak dit vir verkragters ‘maklik’

Die polisie in Swaziland verbied vroue om minirompe of hemde wat ‘n maag wys, te dra.

Dié tipe kleredrag lok verkragting uit, het die polisie gesê. Oortreders kan tot ses maande tronkstraf gevonnis word, berig SowetanLIVE. “Die kleredrag maak dit maklik vir die verkragter om die klein kledingstukkie te verwyder,” het Wendy Hleta, woordvoerder van die polisie in Swaziland, aan Indenpendent Online News gesê. Die verbod word ook op denims toegepas wat nie hoog genoeg vasmaak nie. “Hulle sal in hegtenis geneem word,” het Hleta gesê.

Volgens Hleta is vroue wat uitlokkende kleredrag dra, self verantwoordelik as hulle aangerand of verkrag word. “Ek het al op sosiale netwerke gelees dat mans en selfs ander vroue mense ‘met hul oë uittrek’. Dit word makliker wanneer die klere knap sit of skraps is.”

Die verbod is egter nie op tradisionele kleredrag soos tydens die jaarlikse Rietdans, wanneer koning Mswati III ‘n vrou kies, van toepassing nie. Dié flambojante koning het reed 13 vroue. Tydens die seremonie dra die kaalbolyf jong maagde slegs ‘n kraletjieromp wat net hul voorkant bedek. Onderklere word ook nie toegelaat nie.

Die Wet is ingestel ná ‘n optog verlede maand deur vroue en jong meisies wat op beskerming aandring teen ‘n reeks verkragtings in Swaziland. Volgend die mediaberig is die optog deur die polisie verhinder.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ignatius ·

Ek dink dit moet ook in Suid Afrika toegepas word gesien in die lig dat ons verkragtingsyfer baie hoog is.
Ons wat ons self as christene beskou ,wat is ons standpunt hieroor?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.