Minister: ‘Bafana Bafana is ʼn spul ondraaglike, nuttelose individue’

Mbalula. Foto: GCIS

Mbalula. Foto: GCIS

Fikile Mbalula, minister van sport, het Bafana Bafana vandag skerp gekritiseer nadat hulle Sondagaand teen Nigerië verloor het en uit die Afrikanasies-kampioenskap geskakel is.

“Wat ek daar gesien het was nie ʼn probleem van afrigting nie, dit was ʼn spul verloorders wat geen respek het vir die land en geen respek het vir enigiemand nie,” het Mbalula tydens ʼn mediakonferensie in Kaapstad gesê. “Ek het gesien mens het buite tou gestaan om hulle [Bafana Bafana] te groet. Ek sal hulle nooit groet nie, ek het nie eers na die aantrekkamer gegaan nie, ek het hulle nie eers geskakel nie. Vir my was dit ʼn ramp.” Mbalula het Bafana Bafana beskryf as ʼn “krisis van monumentale proporsies” en sê daar is nie noodwendig ʼn krisis rakende talent nie maar dat daar eerder ʼn krisis is om alles bymekaar te bring. “Twee nuttelose doele, ek meen, Nigerië was geskok. Ek het gesien hulle afrigter staan op, hy kon dit nie glo nie. Hulle het gedink hulle gaan die leeus ontmoet, wie se stadium tot kapasiteit gevul is, om te kom veg vir hulle land, maar wat het hulle kom ontmoet? Net ʼn spul ondraaglike, nuttelose individue.” Bafana Bafana het met 3-1 verloor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

GawieM ·

Indien dit die Springbokke of Proteas gewees het sou dit weer gewees het omrede daar nie genoeg swart spelers in was nie. Waarom word die kwota stelsel nie toegepas nie?

Ina ·

Wow ,, Ek is nie ‘n sokker aanganger nie . Kyk nie eens sokker nie maar ek kan eerlik nie glo dat ‘n opgevoede persoon wat voorbeeld moet stel mense so afkraak en slegsê nie , ongeag wat hulle gedoen het,Dis hoe ons mekaar bystaan en ophef en aanspoor ?en dit is ‘n voorbeeld vir jong spelers as jy nie ‘perform ‘ nie dan is jy nutteloos en ondraaglik ??? wow ek kan dit nie glo nie ..

Rieks ·

Dit is hulle werk wat hulle verkies het om te doen. As ek by die werk aanjaag word ek ook maar oor die vingers geraps. Wat maak hulle nou so fantasties dat hulle nie vas gevat en uitgetrap kan word nie. Dit is ook nie dat hulle kleingeld verdien vir hulle passie nie – word wakker en ruik die koffie. ALMAL in die lewe moet werk vir wat hulle wil hê. Dit maak nie saak of dit in sport of in ‘n daaglikse werksopset is nie. Maak plek vir die wat regtig wil!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.