Minister bring hofaansoek oor omstrede polisie huurkontrak

Die minister van openbare werke, Gwen Mahlangu-Nkabinde. Foto: GCIS

Die sakeman, Roux Shabangu, het die minister van openbare werke se hofaansoek om sy huurkontrak met die polisie ongeldig te verklaar, verwelkom.

Minister Gwen Mahlangu-Nkabinde het Dinsdag aangekondig dat sy ʼn aansoek voor die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria gebring het om ʼn huurkontrak vir ʼn nuwe polisiehoofkantoor ongeldig te verklaar. Die kontrak is met Shabangu gesluit vir nuwe kantore vir die polisie in die Pretoriase middestad. Mahlangu-Nkabinde sê die kontrak is gesluit voor sy minister geword het. Sy sê sy het nie die kontrak onderteken nie. Mahlangu-Nkabinde het ook gesê dat beamptes in die departement ondersoek word in verband met die omstrede kontrak. Die openbare beskermer, Thuli Madonsela, het vroeër bevind dat die departement van openbare werke nie die korrekte tenderprosedures gevolg het met die aangaan van die kontrak nie. Madonsela het ʼn beroep gedoen op president Jacob Zuma om aksie te neem teen Mahlangu-Nkabinde en die nasionale polisiehoof, genl. Bheki Cele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.