Minister: ‘Doodstraf nie die oplossing’

Minister Lulu Xingwana

Lulu Xingwana, minster van vroue, kinders en mense met gestremdhede, het Dinsdag gesê die doodstraf sal nie weer ingestel word nie omdat dit teen die demokratiese waardes van die land is.

Xingwana het verslaggewers toegespreek kort nadat twee verdagtes in die Bredasdorp-landroshof verskyn het vir die wrede moord op en verkragting van die 17-jarige Anene Booysen. Lees meer hier.

Die minister het ook gesê die land sal nie oorweeg om verkragters te kastreer, soos in ander lande gedoen word nie.

Sy het bygevoeg dat Johannes Kana (21) en Jonathan Davids (22) tydens hul volgende hofverskyning op 26 Februarie borgtog geweier moet word en dat swaarder vonnisse as ʼn afskrikmiddel vir misdadigers moet dien.

“As ‘n regering sal ons niks doen wat onwettig is nie. Ons glo in menseregte vir almal en glo dat die reg sy gang moet gaan,” het sy gesê.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

AMANDA ·

Lekker man – die misdadiger het mense regte maar vat van daai persoon wat dood is – wat van sy reg om te lewe. Maar nee die midadiger kan mos maar maak soos hulle wil – hulle weet hule sal niks oorkom nie. Tronkstraf en dan boonop 3 etes ‘n dag en dan is daar hoeveel van hulle wat geleerheid kry in die tronk. Maar dis mos Suid Afrika waar die KRIMINELE meer REG het as jy as mens. LEKKER MAN LEKKER

Trudie Erasmus ·

Ek wonder of sy nog so sal praat as een van haar kinders of familie so wreed vermoor, vekrag is. Dan wil ek haar bek hoor. Menseregte? M.a.w. die wat vermoor word, het geen menseregte nie? Maak my siek! Ek wonder hoeveel ons nog sal moet opdok vir nog tronke? Met alles wat daarmee saamgaan. Soos iemand gesê het, omskep Robineiland weer as tronk en stuur die moordenaars soontoe!

E J Otto ·

Yip ons het respek vir lewe Maar sou jy n ander se lewe neem Het jy jou respek weg gegooi en dan moet jy maar met jou eie lewe betaal Want jy ontneeem n ander van sy reg om te lewe! Doodstrag moet trugkom Dis te lekker in die tronk En ek en jy betaal vir hulle! n advokaat se dis geen geheim dat baie tronklewe verkies bo hul vryheid nie Hy het gese Dis te swaar buite Geen werk, geen geld, vrou wat geld vra Hulle pla hom Daar binne kry hy kos en hyt vrede! Daarom word hul keer op keer weer gearresteer vir selfde of erger oortredings!

1

Bea Avemaria ·

Askuus my, het sy gese menseregte?? Wat ‘n grap die dag wat enige verkragter besluit het om die gruwe daad te verrig het hy nie aan die slagoffer se menseregte gedink nie!!

Laat ek liewers niks meer se nie…my bloed kook!!!!

Erika ·

Tot so iets met haar gebeur, met een van haar kinders of selfs ‘n familie lid. Misdadigers het meer regte as ons gewone hardwerkende mense.

mina ·

ek verstaan nie lekker al die bohaai oor verkragting maar niks oor die boere en mense wat vir niks vermoor word. iewers is n …… in die drinkawater

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.