Minister: ‘e-tol teen jaareind’

tol-300x19911Dipuo Peters, minister van vervoer, sê die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) sal vanjaar nog geïmplementeer word hoewel die aanvangsdatum van die omstrede e-tolstelsel nog nie bekend is nie.

Peters het in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê die departement van vervoer wag steeds vir die afkondiging van die Wysigingswetsontwerp op Vervoerwette en Verwante Sake. Sy sê die wysigingswetsontwerp moet nog deur president Jacob Zuma onderteken word. Die presidensie het vroeër die maand gesê Zuma sal die parlement en publiek inlig sodra hy ʼn besluit oor die wysigingswetsontwerp geneem het. E-tol sal gebruik word om Sanral se skuld rakende die GFIP te delg sowel as die stelsel te bedryf. Die DA, Cosatu en die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (Outa) is van die partye wat die e-tolstelsel teenstaan. Outa se appèlaansoek teen e-tol sal einde September in die hoogste hof van appèl in Bloemfontein aangehoor word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willy ·

Sien jou daar Maakniesaak.
Haha ek is ook deur die hoof geskors deur die hoof en onderhoofseun wat gaan huil het.
Nou soos ek gese het, waar is die tjankbalies nou?

Waaksaam ·

en ek’s op julle hakke … klaar uit-trap-perade op my email gekry !

Louise ·

As ek kyk na die verspot hoe salaris wat die mense verdien kan ek nie sien hoekom ons e-tol moet betaal nie. Raak ontslae van groot koppe wat astronomiese salarisse verdien en stel mense aan wat bevoeg is en soos normale mense normale salrisse verdien

Willy ·

Sonder die humoristiese klomp gaan hier maar niks aan nie, Maroela.
Baie klagtes gekry haha. Wonder waar is die moan gatte nou?

vuurvreter ·

Willy maroela raak rerig nou erg. Als wat mens se haal hulle af. Gister seker 20 en vandag sover 2. Sien julle almal van more af op praag.

Pieter Potgieter ·

Nee maroela dit is so lekker om al die komentaar te lees. Ons bly mos in n land van vryheid van spraak a nee a. Gee vir die manne vryheid ons mense hou van humor en party van skinder.

Erich Goosen ·

Ek stap gereeld in ons Mall by Sanral stalletjie verby. Daar is gewoonlik 3 mense aan diens wat sit en bolletjies rol. Wonder wat kos die nuttelose oefening vir Sanral – ons sal seker uiteindelik ook vir die vermorste uitgawes moet opdok.

Jasper ·

As julle nie geluk het met die Lotto nie,doen aansoek vir n bestuurspos by Sanral. As jy wit is, bly maar by Lotto,

Herman ·

Ek sien hierdie e-toll is ‘n wit olifant. Kyk wat is die petrolprys wat sky high is nou wil hulle hê dat ons moet e-toll betaal. Daar gaan baie mense wees wat dit nie kan bekostig nie. Hierdie is ‘n geld maak foefie om hulle self te verryk om meer geld in hulle sakke te kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.