Minister gekap oor duur hotelverblyf

Bathabile Dlamini. Foto: GCIS

Die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, het glo tussen Junie 2009 en Augustus verlede jaar meer as R760 000 op hotelverblyf spandeer.

Mike Waters, woordvoerder van die DA, sê Dlamini het 145 nagte in luukse hotels spandeer. Lumka Oliphant, die minister se woordvoerder, sê egter dat die uitgawe regverdig is aangesien dit deel is van die minister se werk. “Die aard van die minister se werk is om saam met die armes te werk, wat in baie afgeleë gebiede van die land bly wat tot gevolg het dat sy konstant saam met haar personeel uit die kantoor moet wees.” Waters sê hy het onlangs die inligting ontvang nadat hy meer as ʼn jaar gelede ʼn aansoek ingedien het onder die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia). “Die gedetailleerde fakture wat die DA ontvang het wys dat minister Dlamini vyf of ses hotelle soos die Radisson Blu en One and Only in Kaapstad, die Hilton in Durban en die Intercontinental Sandton Towers Hotel verkies.” Walters sê hy sal ʼn parlementere vraag indien om uit te vind waar Dlamini se amptelike wonings is. “Indien die minister ʼn amptelike woning het in die stede waar sy soveel tyd in luukse hotelle spandeer het, sal ek die openbare beskermer vra om ondersoek in te stel.” Oliphant sê egter dat die departement se beleid daarvoor voorsiening maak dat personeellede in vierster hotelle mag woon terwyl die minister in vyfster hotelle mag woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.