Minister gewaarsku oor ‘rookverbod’

RookverbodDie Vryemarkstigting (FMF) het Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, gekritiseer nadat hy versoek het dat “rook in alle openbare gebiede verbied word”.

Volgens die FMF is rook nie ʼn misdaad en tabak nie onwettig nie. Die stigting voel verder dat Motsoaledi se uitspraak inbreuk maak op die “individu se regte”.

Die minister het reeds in Oktober by die bekendstelling van ʼn 24 uur gesondheidstelevisiekanaal in Alexandra gewaarsku “ons gaan rook in openbare areas verbied”.

Die FMF het hul kommer uitgespreek dat dié besluit nie net die individu se reg op keuse beïnvloed nie, maar ook sakeondernemings, die fiskus, transformasie en die ekonomie direk sal raak.

“Dit is ʼn skending van private eiendomsreg om die eienaars van restaurante en sjebeens en die eienaars van ander private eiendomme wat voorsiening maak vir rookareas, te verbied om in hulle klante se behoeftes te voorsien.”

Die FMF het gewaarsku dat “individuele vryhede” nie maklik teruggekry kan word as dit eers verloor is nie. Volgens die FMF moet dié voorstelle met hand en tand beveg word voordat die regering beheer neem van die individu se reg op keuse.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

66 Kommentare

ig ·

Baie goeie idee deur Aaron,Dan kan al die loodswaaiers en besoedelaars meer produktief wees.En op die koop toe sommer geld spaar ook deur minder te rook.Die FMF keer vir n vale want hulle is seker almal rokers

Daan Erasmus ·

TWAK. Tien uit Tien vir die minister. Een roker maak dit vir baie mense om hom onaangenaam. Gaan rook vêr van ander mense.

Klaas van Deventer ·

Geen mens het enige reg om kankerwekkende chemikaliE in die omgewing in te blaas nie, en ander mense se gesondheid in gevaar te stel nie. Dit behoort lankal in alle openbare plekke verbied te gewees het. Go for it minister Motsoaledi!

Zena ·

Ek wonder net wat maak dat hy as n individu so n besluit kan neem vir die res van die land se burgers. Ek self rook nie, maar ek sien nie wat die probleem is as iemand anders rook. dis regtig die persoon se keuse. Elke mens hanteer stres op n ander manier en dis een van sommige mense se “stress relieve”. agge nee, hy beter kyk of hy nie n ander manier kan vind om ander oordragbare siektes te bekamp nie en die rokers uitlos.

Martin ·

Hulle kan met hulle geld maak net wat hulle wil, en hulle stres hanteer net soos hulle dit goedvind, solank hulle dit nie in openbare plekke doen nie. Weereens gaan voort minister.

Elbie ·

Stem saam met die minister. Rook moet beslis verban word in openbare gebiede!

Bokkie van der Merwe ·

Ek haat rook naby my,maar hoekom ander wat rook straf terwyl alkohol so vrylik vloei en duisende mense laat sterf agv dronkbestuur en selfs vrouens wat sterf agv mans wat hulle aanrand.Kry julle proriteite reg.

Vliegie ·

Dankie Bokkie iemand wat bietjie verder dink! Hulle kan nie landswette toepas nie …..so kom ons slaan nog verder toe op die arme rokers!

suzie ·

Nog nooit gehoor van ‘n egskeiding as gevolg van rook nie maar drank BAIE!!

EMK ·

Al BAIE gehoor van kinders wat gereeld in die winter in hospitaal is met respirasieprobleme en siektes in daardie aard agv ouers wat rook. Kids het nie eers ‘n keuse en kan nie eers ontsnap van hul ouers se gifgasse nie. Dieselfde met ander mense vir wat moet ons nie-rokers in jul stank rond wees, en ons longe vol van jul gifgasse kry -ga man. Gaan verbrand jou geld (ja want dis niks anders as dit) op ander plekke VER van ander mense. Moet nou ook tog nie altyd drank en rook vergelyk dis totaal verskillend en elkeen moet op sy eie beahdel word.

Gavin ·

Ek is n rooker en het geen probleem met nie rooker nie. Dis my keuse om te rook. Ek ag myself as n omgee roker. Ek stry nie rook is nie gesond nie, maar is nie so ongesond soos drug dealers en gewapende kriminele wat op vrye voet die strate oorneem. Hoekom verban hulle nie diesel voertuie nie, die diesel dampe is net so ongesond soos rook dampe.

Se maar net ·

Doen asb iets aan die rook in die plakkers kampe. Dit is by verre erger as sigaret rook en dit strek vir kilometers. Asem ons dit nie in nie?

nig ·

Ag Gavin, dalk moet jy ophou rook en leer spel. Hoe is dat rokers altyd hulself wil verskoon deur allerhande ander dinge te noem wat sleg is. Natuurlik moet dit ook aangespreek word maar êrens meot mens begin en laat onsby die spul rokers begin. Ons het eenkeer pc’s by ‘n frima oorgekoop (hul het bankrot geraak) en almal het gerook en moes jy sien toe ons die goed oopmaak om alles skoon te maak,t e kyk wat vervang meot word ens wat se swart teertoue het uit die binneste gekom. Sies, dis wat in jou longe is ook en dan wil jy MY longe en almal om jou ook so opvoeter!

Punt Is ·

Martin, Ig, Daan & Klaas – jul mis die punt. Dit gaan hier oor mense se vryheid om te kies. Tans staan dit ‘n roker vry om in ‘n restaurant se stink, swak geventilleerde rook area te gaan sit, sou hy so verkies. Ek verstaan self nie hoekom jy dit sou wou doen nie, maar netso staan dit my, ‘n nie-roker, vry om NIE daar te sit nie. Sal jul dieselfde voel as die minister gesê het die gebruik van drank in alle openbare areas gaan verbied word, of restaurante mag voortaan nie meer verwerkte vleis (wat blykbaar kanker veroorsaak) bedien nie? Ek dink nie so nie, alhoewel hierdie goed ook sleg is vir jou. Die punt is dat ons as volwassenes, en in die geval van restaurant eienaars ens, met eiendomsreg die reg behoort te hê om die keuse uit te oefen om ‘n gebruik wat NIE onwettig is NIE, toe te laat op ons perseel, of nie. Ongeag hoe jy as persoon voel oor rook / rokers, dit is nie waaroor dit gaan nie. Dan moet die minister eerder sê die gebruik van tabak word onwettig verklaar, wat hy nie sal doen nie, want dink net aan al die belastinggeldjies wat hul soustrein gaan verloor.

Eish! ·

En wat van die kelners en ander werkers wat dai mense moet bedien in die vrot gerookte lug?

Paul ·

Die kelners hoef nie daar te werk nie. Hulle het ook vrye keuse.

Natuurlik, indien die kelners gehuur word onder die indruk dat hulle nie in ‘n rook-atmosfeer sal moet werk nie, en dan is die teendeel waar, is dit ‘n probleem – eenvoudige kontrakbreuk.

Theresa ·

Dit gaan regtig hier oor ‘n minister wat KEUSE sal kan wegneem. Skrikwekkend. Dalk verbied hy later die voorsit van biefstuk in ‘n restaurant? Talle voorbeelde wat kan volg. Dink tweekeer voor sy idee net nagevolg word omdat mens nie van rook hou nie, asb.

Eina! ·

So ‘n minister kort jem! Jammer maar rokers versuur ander se lewens. En ja ek wens die uwe wil iets aan drankverbruik ook doen. Rokers is baie selfsugtige mense en op die end kan hul nie verstaan as hul oud en siek is nie. So as jy tussen ander beweeg…………neem hul in ag. En ook rokers doen die grootste onreg aan hul kindertjies. Dai kind het nie gekies om joune te wees nie. Nou neem die roker reg in sy hande om die kid ‘n pr gesonde longe te ontneem. En waarom rook die armstes altyd die meeste? Sluit alle rokers in een vertrek toe dat hul mekaar kan doodsmoor en los die lewe vir ons wat omgee vir ons gesondheid en ander sin.

Joa ·

Oud en sieklik het niks met rook te doen nie. Alle mense word siek en meeste mense word oud. Enige mens kan sieklik wees ongeag hul ouderdom. Ou mense is nie noodwendig sieklik nie. Pasop vir dit wat in jou hart is . Eendag wanneer jy oud en sieklik is en jy was nie ‘n roker nie, wat sal jy dan se.

Martin ·

Punt Is, as jy in dieselde eetplek/openbare plek as ek eet,ontneem jy my die reg om te kies.
Ons is nie gebore om te rook nie. Dit is ‘n keuse wat ‘n mens maak. Maw. volgens my is dit nie natuurlik om te rook nie. Dit maak dit my reg, nie ‘n keuse nie, om te sê daar moet nie naby my gerook word nie. Die ding van drank en vleis moet op hul eie aangespreek word.

Paul ·

Dis ook nie natuurlik om in motors te ry, om kos koud te hou in yskaste, om klere te dra, om plastiek te gebruik, om kunsledemate en orgaanoorplantings te kry nie. Moet ons dit alles verban?

Jy is korrek dat dit JOU reg is om te sê dat jy nie rook naby JOU wil hê nie. Dit het NIKS met die regering uit te waai nie.

Lynette ·

Ouers wat rook en dan hul kinders saam met hulle in die rokers deel van eetplekke in neem is my grootste klagte. Ek kan nie die stank verdra nie maar die arme kindertjies het geen keuse!!!!

Christine ·

Stem saam minister… Dis vreeslik erg as jy uit stap uit n mall of enige besigheid,restaurant, ens en daardie rook trek jou longe toe en slaan jou asem heeltemal weg…..jy word letterlik gedwing om daardie tweede handse rook weer en weer in te asem om weer asem te kry….en dan vir dae daarna moet sukkel met oe wat brand en asma…n ster vir die minister….

Caren ·

Christine, jy asem meer skadelike lug in as jy in die verkeer ry elke dag. Dis tien teen een wat jou asma veroorsaak het, nie die rook van enkele rokers nie.

Paul ·

Christine, gaan praat dan met die bestuurder van die winkelsentrum of die besigheid. As hy of sy nie na jou luister nie, kry nog mense bymekaar en gaan maak jul stem dik. As die bestuurder steeds nie wil luister nie, neem dan jou klandisie weg van die plek en laat hulle dit aan hul sak voel.

Dit het niks met die regering te doen nie.

Zoey ·

Ek wens hulle wil drank heeltemal taboe verklaar, drank verwoes lewens, onskuldige mense se lewens word geneem oor dronkbestuurders, hulle hammer en hammer oor rook, plaas dat julle kyk wat julle elke dag inasem, Drank het meer mense se lewens verwoes en mense se lewens geneem as rook, ten minste kan ek rook en dan nog in my kar klim en ry. Ek hoop dat hulle so ver sal vorder met al die dinge tot hulle drank ook verbied in alle openbare areas, sodat jy slegs by jou huis mag drink, en ook nie waar daar ‘n minderjarige teenwoordig is nie want dan moet jy beboet word. Pot bollie en ‘n klomp strooi oor niks!

Andre ·

Dit is so snaaks dat almal nou saam die minister stem…..
Min wetend een van die ense dat kafiene (koffie) gevaarliker is as rook….
statesteik beways 95% van die wereld is verslaaf aan kafiene en dit n groter kanker spelende rol het as rook.

Verder is daar rook areas in restuarante net soos n nie roker n vrye kuese het on nie te rook nie het n roker ook regte.

wat is meer gevaarliker ( n roker wat bv: n koeldrank drink in n rokers area of n nie roker wat alchol drink in n nie rokers area wat agter die stuur van die kar in kilm nie)?
Weereens net soos n nie roker n vryheid het van keuse het n roker.
Laastens in n werks pleak met n rook area gaan kyk bietjie wie is die meeste daar binne die nie rokors met hulle koffie, dan will hulle kla oor die roker wat daar binne staan en rook regtig n noe roker is welkom in n rook area maar moet nie kla nie.

Martin ·

Ons het ‘n spesifieke persoon dopgehou by die werk. Hy spandeer 4 ure per dag in die rokers kamer. Hoe regverdig is dit? Kafiene stink nie soos rook nie!!!!!. Dit is ook ‘n nie-roker se keuse of hy saam met die rokers wil koffie drink. Dit word nie op hom afgedwing nie.

illa ·

Ja Martin, en hoeveel ure spandeer jy op ‘n dag op forums soos hierdie? Die groot probleem in die wêreld is veralgemening. Hier is baie nie-rokende mense wat saam my werk wat ek gedurig op Facebook of Solitaire betrap, of wat sommer rondstaan en met mekaar gesels. Omdat ek my kantoor moet verlaat en na ‘n spesifieke area moet beweeg om te gaan rook, is ek baie bewus van die tyd wat ek daar spandeer en daarom beperk ek my rook tot 1 keer elke 2 ure. Dit vat my 5 minute om te rook, so in ‘n werksdag spandeer ek ±25 minute aan rook (ek neem nooit ete nie). Ek belowe jou daar is nie-rokers wat BAIE meer tyd as dit op ‘n dag aan persoonlike snert spandeer. Dit gaan oor inherente luiheid van party mense en rook het niks daarmee te doen nie.

Vic ·

Ja, die probleem is net, koffiedrinkers benadeel net hulleself, rokers benadeel hulleself en verskeie ander om hulle. Dink jy die rook bly net in die lug om die rokers? So die enigste wat vryheid van keuse het is die rokers – die nie-rokers moet noodgedwonge dieselfde lug inasem, of hulle nou wil of nie. En hulle moet betaal vir die mediese onkoste van die menigte bewese siektes veroorsaak deur rook.

Nics ·

Jis maa jul redeneer kinderagtig. O die kelners HOEF nie daar te werk nie dis hul keuse – weet jul hoe skaars is werk? En dat hul dalk geen ander keuse of opleiding het en dat die restaurant waar hul werk naaste aan hul huis is en s ens? Keuse se voet man. Julle praat onsin. En moet asb nie met onnosel vergelykings kom o ons mag nie dit en dat eet want dit veroorsaak dan kanker ens – vergelyk appels met appels. As jy iets wil eet wat jou kanker gee is dit nie in MY gesig en gaan dit nie MY kanker gee nie, maar as jy rook naby my kan dit. Verstaan jy nou?? Tsk tsk…

Stuart ·

Andre waar kry jy jou feite. Dis eintlik andersom met kaffeine. Jy het seker baie OUUU statistiek in die hande gekry.

CF ·

Bokkie ek stem saam jou,Rook liewers gewone sigarette voor jy drugs en oormatig alkohol gebruik.Rook maak jou self dood,en nie duisende mense op die paaie nie.
80% van rokers respekteer nie rokers.Ek is een van hulle.

M A ·

Ek dink baie mense mis die punt hier. Om vleis soos spek en polonies te eet en koffie te drink, affekteer net jou eie gesondheid. Rokers blaas gifstowwe die lug in wat ander mense ook kan siek maak. Dus het die skywer wat dieseldampe wil verban ook ‘n punt. Ongelukkig gaan dit nie werk nie maar meer kan gedoen word om die dampe te absorbeer.

Drank (misbruik) raak ongelukkig talle lewens, of dit nou in die privaatheid van jou eie huis gedoen word of nie. Ek sien ook nie ‘n praktiese oplossing hiervoor nie. Die Amerikaners het die “Prohibition” gehad maar dit was ‘n hengse flop.

Paul ·

Dit lyk of die meeste kommentators hier die punt vêr mis. Dit gaan glad nie oor of rook ongesond is of onaangenaam is vir mense in die omgewing nie. Ek self rook nie en ek hou nie van rook naby my nie. Tog keur ek die wetgewing teen rook ten sterkste af!

Dit gaan oor vryheid. Soos die vryheid om self vir ‘n roker te sê hy of sy moet opsy staan indien die rook jou pla, in plaas daarvan om staatsmag te wil gebruik.
Ook die vryheid van eiendomsreg, want wat hier gebeur is dat die regering private eiendom definieer as “‘n openbare plek”. As ek ‘n perseel koop en ‘n restaurant begin en ek dink ek kan besigheid kry deur mense toe te laat om enige plek op my perseel te rook, dan behoort ek dit te mag doen.

Hierdie tipe besluit deur die regering neem jou vryheid weg. Wees wakker!

Martin ·

Paul, ons praat nie politiek nie, dit gaan oor rook wetgewing.

Tascha ·

Ek is ‘n nie-roker, persoonlik pla dit my nie as iemand rook waar ek by is nie mits die persoon my darem in ag neem daar genoeg ventilasie is en hulle glad nie in my huis rook nie. Net soos wat ek die reg het om te kies dat daar nie in my huis gerook word nie net so kan restaurant eienaars sekerlik ook kies of hulle rokers gaan toelaat veral as daar reeds vir hulle voorsiening gemaak is? Nee, wat ek dink die minister gaan vir hom groot probleme op die hals haal. Mens kies dalk om te rook en daar’s geen twyfel dat dit skadelik is nie maar wat van drank dit word erger misbruik en veroorsaak meer mense se dood, hoekom is advertensies daarvoor nog nie verban nie, waarom is daar nie waarskuwings vir die gevolge van oormatige inname daarvan nog nie op elke bottel gedruk nie? Ek vra maar net.

HN ·

Ek self is ‘n roker & respekteer nie-rokers.
As ek bv kuiermense by MY huis kry & hulle rook nie. Dan rook ek buite.
Ek rook nie in ‘n kar waar kinders of nie-rokers saam my ry nie (nee ek het nie my eie kinders nie). Ek rook bv ook nie in openbare plekke (soos bv buite ‘n gebou op die sypaadjie) nie tensy daar ‘n rokers area is.

Anne ·

Ek stem saam en daarmee ook die drank wat te koop is by gesins restaurante, want rook mag jy nie maar al 2 ouers dan dop en die kids in die kar laai en ry! Neem die drank lisensie fan die familie restaurante weg, saam met die rook areas

Martin ·

Verstaan tog nou. Die berig gaan nie oor drank of vleis of plastiek of klere nie. Dit gaan oor rook in openbare plekke. Wag totdat die ander goed die media haal dan praat ons daaroor.

Sê Maar Net ·

Paul slaan die spyker op sy kop. Dit gaan oor vryheid van keuse—vir ALMAL. Rokers en nie-rokers moet self kan besluit waar en hoe hul wil rook inasem of nie. Buitendien, die hoeveelheid rook wat sigaretrokers in die atmosfeer loslaat is belaglik klein in vergelyking met die rook wat deur motors, fabrieke, vuurherde, ens. in die atmosfeer gepomp word.
Mens moet dit in perspektief sien. Ek rook nie, maar wil die keuse hê waar om te sit of staan of loop. Indien hierdie deurgevoer word, wat gaan volgende beperk word? Wat jy mag aantrek? Wat jy mag eet? Hoe jy jou motor in jou eie erf moet parkeer? Hoe gaan die publiek reageer indien daar wetgewing ingestel word wat bepaal jy mag nie jou huis se deure sluit nie, want dit beperk die krimineel se reg om jou goed te steel? Dis hoe belaglik die voorgestelde wetgewing in my opinie is.

Pieter ·

En dit is presies die punt wat almal hier mislees. Goed en eenvoudig gestel.

Theresa ·

Paul is nie verkeerd nie. Dis nou rook, more is dit iets anders. Natuurlik is dit ‘n wonderlike ding dat rook in restaurante en kantore verbied word. Maar dink aan die implikasies van wat presies die minister sê. En dan indien dit uitkring.

Theresa ·

Vir ‘n nie-roker om rook in te asem, is ‘n marteling. Almal rondom Die Roker se slymvliese en longe ly daaronder. ‘n Drankie (nie misbruik nie) is in die persoon se liggaam – net daar en beïnvloed nie die persone in direkte nabyheid nie.
Sien gereeld mammies met kar en kleingoed – rookbolle in motor. Dis regtig onregverdig teenoor daardie kinders. Rook dan sekerlik ook in huis. Gelukkig ongemagtig in kantoor, anders het sy dit daar ook gedoen ten koste van almal om haar?

charmaine ·

Ai ons hou van kla!! albei my ouers het gerook my pa rook nog steeds en sover na al die donkiejare makeer ek niks. Nie kanker, nie asma. Ek rook nie en dit pla my ook nie. Ons leef in elk geval ongesond maak nou nie saak wie rook waar, wie drink wat en waar nie.

Pleks hulle tyd en energie op belangriker dinge gebruik soos die hospitale wat bouvalle is of van die useless personeel ontslae raak.

Bloues ·

Dis my keuse om te rook. En neem ander in ag soos HN.
Dis jou keuse om stink parfuum te spuit wat die hele kantoor vol hang en almal met vrot sinusse laat sukkel. Dis jou keuse om nie jou tande te borsel nie en jou asem dan stink en jy geel vieslikke tande het waarteen ek moet vaskyk.. Dis jou keuse om met n motor te ry wat lanklaas gediens is en dus giftige gasse afgee. Dis jou keuse om kossoorte wat kanker kan veroorsaak te eet. In n mate is dit ook jou keuse om onaansienlik te wees en ek moet heeldag daarteen vaskyk

Jy het keuses en waarlik ja, ek het ook keuses. DINK voor jy rokers aanvat. En trek die skoentjie aan as hy pas, en hy pas baie van die wat kommentaar hierbo gelewer het

E.K. ·

Bloues – wat is jy – TIEN? As iemand wil ongesonde kos eet en daarvan siek word is dit HY wat siek word nie ek. Met rook van ander word ek siek en dis nie my keuse nie. Wat ‘n belaglike kommentaar.

Elsie ·

En wanneer word drank en oop lokasie vure en rokende vragmotors en motors verbied…………..

Christine ·

Martin,ek stem saam jou. My opinie… 80% rokers voel niks vir die wat nie rook. Dink net hoe lekker dit sal wees om nie gedwing te word om tweede handse rook hoef in te asem,terwyl jy mall toe moet gaan,gaan uit eet,gaan fliek en en en…let n bietjie op as jy ge parkeer het by n onder afdak parkering,oppad Winkel toe, hoe baie rokers sit daar in groepe van twee op bankies wat beskikbaar is vir die publiek en jou uit jou asem uit rook…nee wat,het nog geen roker teegekom wat ander respekteer…terwyl ons hele huisgesin gesond lewe,eet en gereelde oefen mense is,hoekom moet ons wat n gesonde leefstyl leef,gedwing word om jou rook in te asem?

Zena ·

Dankie Paul. Lyk my meeste mense verstaan nie waaroor dit eintlik gaan nie. Vryheid!
Wat van die regering se besluit om sommer nuwe wetgewing in te stel oor die toets van jou bestuursvermoe as jy jou motor lisensie en jou bestuurs lisensie gaan hernu? so elke jaar gaan jy getoets word en jy moet jou bewys van adres he anders kry jy gn lisensie nie. maar persoonlik dink ek dis maar net om die mense met e-tol rekeninge by te kom. so ja, vryheid mense vryheid… jou keuse as dit by rook kom. dof ek noem maar net gou ietse wat die regering ook op hul eie besluit het. so, wats volgende?

Sssssss ·

Ek rook .!!!!!!! My geld .my gesondheid .my lewe daar is bitter min mense wat ek ken wat nie op dagga of drugs is nie wat ook baie ergere dinge verkeerd doen as rook .ek werk saam en met mense elke dag .hoor ook van die snaakste dinge waarom word die drug dealers wat somer openlik loop nie vasgetrek nie .wat gaan amal se as daar nou iemand in n nie rokers area sit en gou snuif of spuit .agneeeeee

Gesiggie. ·

Bokkie… jy is doodreg….. ek rook self??? maar hoeveel drank advertensies… sal daar gemaak word?? drank veroorsaak groter skade as rook””maar altyd is daar n probleem met rook??? Daar is mons sekere plekke wat jy as roker kan gaan sit… sonder om die ander nie rokers nie te pla??? Maar … op die einde van die dag Mnr Minister???? Hoekom gee jy nie meer aandag aan al die PLAASMOORDE wat plaasvind… probeer n oplossing vind… as wat jul nou tyd mors met al die andere onwettige dinge??? PLAASMOORDE vind elke dag plaas??? mense wat Rook of aan rook bloot gestel word??? gaan nie elke dag dood””’ Sien om na dit wat meer belangrik is…. Dan sal die Land n beter plek wees om in te Bly…. Blaas daai rookwolkies””’ Ha…ha

fransie rowles ·

Ek rook nie, maar party se redenasies dryf my sommer na sigarette!!
As jy werk vir jou geld, mag jy dit darem seker spandeer soos jy wil.
N roker in n rokers area benadeel jou nie!
Kom ons kyk hoeveel kelners het nog werk hierna.
My man rook ek sit by hulle uit vrye keuse.
So geen rook area geen uiteet!!! so maklik.
daar vou nog n paar restaurant groepe.
Kom verbied bietjie wyn, lekkers dan sien ons hoe voel julle as jul geen keuse het nie.

pop ·

Dit gaan hier oor wat die minister se sleg is vir jou gesondheid en elkeen se vrye keuse. So nou kan hy omdraai en omdat Hy so se, se vleis is ongesond, of peper, of dalk wyn (Asb nie mnr) En dit moet verban word. Nee A!!!Elkeen het n vrye keuse< of veronderstel om een te he.

M A ·

As rokers dan regtig so bedagsaam is as wat hulle hier wil voorgee, dan sou dit nie nodig gewees het om spesiale rookareas in die wet af te dwing nie. Rokers sou dan self sulke areas geskep het. Kyk maar na al die stompies wat oral gegooi word en sê dan nog rokers is bedagsaam.

Paul ·

Indien genoeg mense vir onbedagsame rokers sê om nie naby hulle te rook nie, sal hulle ophou. Gewoonlik is mense egter net te bang vir ‘n afjak van ‘n ongeskikte roker om so iets te doen. Dan is dit die nie-roker wat die situasie opgeweeg het en besluit het dis beter om in die rook te sit as om afgejak te word.
Verander daardie benadering, en skielik skep jy jou eie rookvrye sone, sonder om die regering se mag illegitiem te gebruik om ander mense se vryheid in te perk en ander mense van die gebruiksreg van hul private eiendom te ontneem.

Jollie ·

Is rook nou regtig die ergste ding ooit?!? Ek het nog nooit ‘n berig gelees waarin staan “Huisgesin vermoor omdat pa teveel gerook het” of “6jarige verkrag agv vriend wat gerook het”. Verbied eerder drank in openbare parke en op straat. Op Sondae is die shibeens oop dan moan niemand nie. As jy oor ‘n naweek, in die oggende, by ‘n winkel stop is daar ‘n kar wat bler en die klomp insittendes sit oop en bloot en suip. Waarom nie eerder daar ‘n plan maak nie. Waar is die polisie? As roker word mens vuil uitgekyk, al staan jy om ‘n hoek en rook skelm net sodat die res moet happy wees. Die regering het hopeloooos teveel tyd om te dink aan simple snert, daar is beslis grootter probleme in SA!!

Jakoos ·

Go minister GO. Laat die ou stinkspul by die asgate gaan stook

Ilse van die Karoo ·

As ‘n roker sal ek inval by die wetgewing indien dieselfde wetgewing toegepas sal word op alkohol. “n Persoon wat homself dronk drink in ‘n familie restaurant veroorsaak vir my net so baie ongemaklikheid soos wat my siggaret vir ‘n nie-roker veroorsaak. Gelukkig kan ek nog veilig my kar huis toe bestuur na 20 siggarette. Kan nie dieselfde sê van die ou van 20 doppe gemaak het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.