Minister maak misdaadstatistiek bekend

Nathi Mthethwa

Nathi Mthethwa

Die aantal moorde in Suid-Afrika het die afgelope finansiële jaar toegeneem. “Die moordkoers het met 0.6% gestyg,” het Nathi Mthethwa, die minister van die polisie, Donderdag gesê toe hy die nasionale misdaadstatistiek vir 2012/2013 in Pretoria bekend gemaak het.

Hy het egter gesê die moordkoers het oor die afgelope vier jaar met 16.6% gedaal en oor die afgelope nege jaar met 27.2%.
“Sedert 1994 het ons vordering gemaak in die stryd teen misdaad. Ons gaan dubbel so hard moet werk om te verseker dat die geringe styging omgeswaai word,” het hy gesê.

Kenners sê egter moordsyfers moet in beginsel baie akkuraat wees, omdat dit nie afhang van die aanmeld van misdade soos verkragting, of van wetstoepassing soos dronkbestuur nie, en is dit dus baie belangrik dat hierdie syfer goed dopgehou moet word. Dit is daarom dus kommerwekkend dat moorde met 0,6% die afgelope jaar toegeneem het. Dit beteken dat Suid-Afrika steeds een van die hoogste moordkoerse ter wêreld het.
Die minister het sy kommer uitgespreek oor die aantal polisiebeamptes wat vermoor word. Hulle word teen ‘n koers van ongeveer dubbel die land se gemiddelde moordsyfer vermoor. Die minister het egter nie plaasmoorde uitgesonder nie, waarvan die koers glo ongeveer drie keer die land se gemiddeld is.

Die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) het gesê die jongste misdaadstatistiek is die slegste wat die land in tien jaar beleef het nadat daar ‘n lang periode van afname in die ernstige misdaad was. Riah Phiyega, hoof van die polisie, voer egter aan dat die misdaadsituasie onder beheer is.
Die minister het gesê dat misdaad in die geheel afgeneem het, hoewel die bevolking toegeneem het. Hy het ook opgemerk dat die talle diensleweringsbetogings druk plaas op die polisie se hulpbronne.
Hy het verder gesê roof met verswarende omstandighede het met 1,2% toegeneem, motorkapings met 5,4%, vragmotorkapings met 14,9%, en poging tot moord het met 6,5% gestyg. Huisroof is 3,6% hoër en huisbraak het met 3.3% toegeneem. Aanranding is 7,3% hoër en gewone roof het afgeneem met 2,2%.
Dronkbestuur het met 1,5% toegeneem, wat insiggewend is in die lig van die minister van vervoer se plan om die toelaatbare alkoholvlak te verlaag. Die polisie het die afgelope jaar beslag gelê op meer as ‘n miljard liter drank. Statistiek oor dronkbestuur kan egter nie op hul eie beoordeel word nie, omdat wetstoepassing ‘n groot verskil kan maak. Statistiek van verskillende provinsies moet dus vergelyk word, en teen die ratio van noodlottige ongelukke in daardie provinsies vergelyk word.

Misdade het glo ook van areas, soos motordiefstal en kitsbanke waar dit vir misdadigers moeiliker gemaak word, verskuif na misdaad waar die mens die swak skakel in die ketting is.
Mthethwa het gesê verkragting het met 3,3% in die afgelope vier jaar afgeneem en met 0,4% hierdie jaar. Misdaad teen vroue het met 11% verminder sedert 2009.

Mthethwa het gesê daar is ongeveer 198 000 personeellede in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) waarvan 140 000 polisiebeamptes is. Hy het bygevoeg dat daar ongeveer 51 000 polisievoertuie is. Hy sê die land se reis sedert die einde van apartheid gee die SAPD vertroue dat ‘n misdaadvrye samelewing uiteindelik bereik sal kan word.

Lees ook:
“Regering se misdaad-strategie faal” sê ISS
AfriForum sê spesialis-eenhede speel beduidende rol in misdaadbekamping
Misdaadstatistiek onbruikbaar
SA bloediger as verlede jaar, wys statistiek
 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vuurvreter ·

Helo Rena. Nee wat hy praat deur sy nek. Kyk wat om ons aangaan dan sien jy net moord verkragting diefstal hijack aanranding roof ag noem maar op en jy sien dit om elke hoek en draai.

Jan ·

Maroela kan ‘n goeie voorbeeld begin stel deur aan te dring dat sg. “protesaksies” op die regte naam genoem word : “onluste”

Sarie van Niekerk ·

Ek moet se die minister skilder vir my maar ‘n donker prentjie. Net onlangs nog het Zuma gese hy weet nie waaroor gaan ons so tekere nie, misdaad is onder beheer en tot Nelson Mandela is tevrede met die wyse waarop hy wat Zuma is die land regeer. Ek wonder as die ou terroris nog by sy positiewe was of hy saam met Zuma sou stem, ek twyfel want misdaad het geweldig opgegaan sedert Mandela se termyn as president en glo my ek is geen Mandela ondersteuner nie, maar ek sien die feite raak

Ver Van Ryn ·

Natuurlik het hy nie die plaasmoorde uitgesonder nie, want dan sou hy moes erken dit is ‘n probleem. Ek hoop Solidariteit maak dit ‘n belangrike punt by die VN dat ons eie minister van polisie swyg oor die volksmoord! Mense hierdie berig is net weer ‘n oproep vir almal om die petisie van Solidariteit te gaan teken: https://www.afriforum.co.za/hoe-lank-nog/

Jasper ·

Teen die tempo waarteen misdade gepleeg word, moes daar al lankal nie meer plek vir n muis in die tronke gewees het nie. Iets rym nie.

Johan Viljoen ·

Hierdie minister is beken daarvoor dat hy lieg soos n visvanger. Daarby kook hulle die statistiek tot dit sag op die oor/oog val. Ek glo 50% van gewone misdaad word nie eers aangemeld nie. an die wat aangemeld word word 50% nie eers ondersoek nie, slegs n saak Nr. uitgereik.

Tommie ·

Riah Phiyega, wat ‘n grap van n Polisie hoof…Misdaad is onder beheer…Haha, lagwekkend….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.