Minister moet name van korrupte amptenare aan AfriForum voorsien

hofhamertjie-2-320x264Die hof het vandag die minister van samewerkende regering en tradisionele sake beveel om die name van die werknemers in al 278 munisipaliteite dwarsoor Suid-Afrika wat, vanaf Junie 2011, weens wangedrag afgedank is of wat bedank het voordat dissiplinêre stappe afgehandel is, aan die burgerregte-organisasie AfriForum bekend te maak.

“Amptenare wat vir korrupsie, bedrog of sekere finansiële misdade skuldig bevind is, mag volgens wet vir 10 jaar nie by ‘n munisipaliteit werk nie. Met hierdie hofbevel gaan ons nou uitvind wie hulle is en of hul nog vir die munisipaliteite werk. Indien hulle nog daar werk, moet hulle weet ons gaan hulle uit hulle poste laat onthef,” sê Ivan Herselman, bestuurder van gemeenskapsportefeuljes by AfriForum.

AfriForum sal die name vergelyk met die bestaande organigramme van die munisipaliteite waar hul takke het om te bepaal of sulke persone nog in diens van munisipaliteite is. AfriForum sal verder elke kwartaal die bygewerkte lyste van name aanvra.

“Ons sal nou ook kan sien watter van hierdie amptenare bedank voor hul dissiplinêre prosesse afgehandel is en waar hul dan weer opduik. Ons gaan hierdie persone fyn dophou,” het Herselman bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg ·

Hier gaan baie nou werklose werk kry en werkers werkloos wees. Wel gedaan AfriForum. Betaal nie verniet ledegeld nie.
Dit is nou die ideale geleentheid om die regte mens in die regte poste aan te stel. Seker wens denke. Boetie goed moet werk kry.

Maggie ·

Hoop net Afriforum se harde werk was nie verniet nie, vele dank Afriforum doe so voort.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.