Minister moet opdok ná rugbyster se misdiagnose

rugby

Die Pretoriase hooggeregshof het beslis dat die minister van verdediging skadevergoeding moet betaal ná ʼn operasie op ʼn jong rugbyster by 1 Militêre Hospitaal skeefgeloop het, het die Saturday Citizen berig.

Die bedrag is nog nie vasgestel nie.

Michiel de Goede, wat in 2007 by die Hoërskool Eldoraigne in Centurion in matriek was, het sy knieligament tydens ʼn skolerugbywedstryd geskeur. Hy het reeds ʼn aanbod van die Haaie ontvang en sou die volgende jaar met ʼn professionele rugbyloopbaan begin het.

De Goede is na die hospitaal geneem vir behandeling, maar hy is misdiagnoseer met ʼn verstuite knie en is daar weg met ʼn verband.

ʼn Ortopediese sjirurg van die militêre hospitaal het agt dae later ʼn operasie uitgevoer nadat hy De Goede vir die eerste keer gesien het toe hy met ʼn rolstoel by die teater aangekom het.

Ná ʼn tweede operasie in 2008, by dieselfde hospitaal maar ʼn ander dokter, sou hy met sy kontrak by die Haaie begin het. Die span se biokinetikus het egter besef dat De Goede se knieskyf in die verkeerde posisie is. Hy is na ʼn kniespesialis verwys wat weer ʼn operasie gedoen het. Dié dokter het bevind dat De Goede intussen posttraumatiese osteoartritis opgedoen het. Die skade aan sy knie is onherstelbaar en hy sal nooit weer kan rugby speel nie.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.