Minister ontken sy het omkoopgeld ontvang

Tina Joemat-Pettersson

Tina Joemat-Pettersson, minister van landbou, bosbou en visserye, het bewerings dat sy omkoopgeld ontvang het ten sterkste ontken.

Palesa Mokomele, die minister se woordvoerder, sê die bewerings in die Sunday Times dat Joemat-Pettersson gebaat het by die verkoop van ʼn wildplaas is “ongegrond en betreurenswaardig.” Volgens die berig word Joemat-Pettersson ondersoek nadat sy glo in 2006 ʼn groep voorheen benadeelde vroue gehelp het om die wildplaas vir R18 miljoen te koop. Joemat-Pettersson is glo R100 000 betaal vir haar “moeite” met die transaksie. Sy was destyds die LUR vir landbou in die Noord-Kaap. “Diegene wat minister Joemat-Pettersson ken weet sy is ʼn mens-georiënteerde-leier wat ander dien en streef vir die ontwikkeling van vroue en landelike gemeenskappe,” het Mokomele gesê. Sy sê die koop van die plaas was tot voordeel van landelike vroue deur vaardigheidsontwikkeling en werkskepping. “Die minister sal die parlement se etiek-komitee en die ANC se integriteitskomitee versoek om al die bewerings teen haar te ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

HELENA SEABORNE ·

hahahahaha sys n grapgat. hulle jaag almal aan en ontken dit na die tyd

Theo ·

wel 1 ding is verseker… die ANC het di mense goed geleer hoe om verantwoordelikheid vi hulle dade te ontduik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.