Minister open 2012 belastingseisoen

Pravin Gordhan. Foto: REUTERS

Suid-Afrikaners is gevra om eerlik en opreg te wees in hulle handelinge met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in die 2012 belastingseisoen.

Pravin Gordhan, die minister van finansies, het aan die media in Pretoria gesê daar sal gevolge wees, waaronder regstappe en boetes, vir diegene wat nie hul belastingverpligtinge nakom nie.

Oupa Magashula, SAID se kommissaris, sê verskeie nuwe tegnologieë is bekendgestel, waaronder e-Filing toepassings vir tablet-rekenaars en slimfone, berig RSG.

Teen 23:00 Sondagaand het meer as 18 000 belastingbetalers reeds hul belastingopgawes elektronies ingedien. Magashule sê sowat 12 miljoen belastingbetalers dra R251,6 miljard tot die staatskoffers by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.