Minister sê ja vir kaderontplooiing

Malusi Gigaba. Foto: GCIS

Malusi Gigaba, minister van openbare ondernemings, se kaderontplooiing in staatsinstellings se rade is aanvaarbaar indien die persone die nodige vaardighede het vir die posisie waarin hulle aangestel word.

“Ek sal nie om verskoning vra vir die ontplooiing van ʼn kader in ʼn raad nie, mits die kader die relevante en vereiste ondervinding en kundigheid beskik om aan die mandaat te voldoen,” het Gigaba aan die Kaapse Persklub gesê. “Aan die einde van die dag is Gill Marcus ʼn kader. Sy het die vereiste vaardighede om die reserwebank te bestuur. Tito [Mboweni] was ʼn kader. Ek sal bekommerd wees indien iemand voorstel dat Malusi die hoof van die reserwebank word. Dan sal ek sê kaderontplooiing is verkeerd.” Gigaba het toegegee dat die ontplooiing van lojale ANC en alliansie lede verkeerd geloop het in verskeie gevalle. Volgens Gigaba kan dit in die toekoms verhoed word deur ʼn “wetenskaplike en sistematiese aanslag” te gebruik rakende die samestelling van die rade.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Ek glo nie iemand het werklik ‘n probleem daarmee dat die ANC-regering enige van sy kaders in ‘n senior posisie ontplooi nie maar ongelukkig het die praktyk dit al baie duidelik uitgewys dat talle van hierdie kaders in geen opsig opgewasse was vir die posisie nie.

Hoeveel kaders is al byvoorbeeld by die SAL ontplooi – en vele ander departemente of semi-staatsinstellings wat nie die mas kon opkom nie.

‘n Ander probleem is dat die ANC-regering toelaat dat die ontplooide kader, nadat hy ‘n groot gemors van sy verantwoordelikhede gemaak het, steeds vir ‘n onbepaalde tyd in die posisie aanbly voordat hy vervang word – en dan in sommige gevalle net weer elders ontplooi word.

Hierdie ontplooiing van onbevoegde kaders duur nou al vir jare en steeds vind die ANC-regering nie ‘n metode, ten spyte van vele, om die geskiktheid van ‘n kandidaat te bepaal nie. Dit wil voorkom asof die enigste kriteria by die ANC-regering is dat die kandidaat slegs ‘n ANC-lid moet wees en dat kwalifikasie en bevoegdheid nie werklik ‘n groot rol speel nie.

piet ·

DIT IS DIE REDE WAAROM DIE LAND IN SO GEMORS IS. DIE SPREEKWOORD VAN, DIE EEN OOG KONING HET NIE EENS BETREKKING NIE WANT DIE HELE KLOMP IS BLIND EN DOOF EN BAIE STUPID.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.