Minister se personeelhoof glo afgedank oor Facebook-uitlatings

Die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson. Foto: GCIS

Die minister van landbou, Tina Joemat-Petterson, se personeelhoof is glo afgedank nadat hy omstrede uitlatings gemaak het op die sosiale netwerk Facebook.

Die Times berig Faizal Daniels is 48 uur kennis gegee nadat die departement en minister glo deur ANC-lede in kennis gestel is van sy uitlatings. Daniels het president Jacob Zuma glo as “verstrooid” beskryf en gesê ANC-LP’s “behandel die parlement asof dit ʼn shebeen is”. Daniels het die uitlatings glo op Facebook gemaak kort nadat Lindiwe Mazibuko as die DA se nuwe parlementêre leier gekies is. Daniels het ook glo die spot gedryf met die ANC-koukus deur te beweer dat hulle geen strategie in plek het om Mazibuko se bevordering tot die DA se top posisie in parlement te hanteer nie. Joemat-Petterson het aan die koerant bevestig dat Daniels bedank het na sy uitlatings op Facebook. Daniels wou nie kommentaar lewer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.