Minister se vlugte vir 1 jaar kos glo R10 miljoen

'n Vliegtuig maak gereed om op te styg. Foto: GCIS

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, het in net meer as ’n jaar glo sowat R10,3 miljoen aan huurvlugte bestee.

Beeld berig dat Nkoana-Mashabane in die jaar 14 vlugte onderneem het en dus gemiddeld R750 000 per vlug bestee het. Volgens die koerant sluit dit nie die 26 internasionale sakeklasvlugte en 14 internasionale eersteklasvlugte in wat Nkoana-Mashabane ook onderneem het nie. Dié vlugte het belastingbetalers glo R2,4 miljoen uit die sak gejaag. Nkoana-Mashabane het in September vanjaar geweier om haar handsak deur ʼn skandeerder op ʼn Noorse lughawe te sit, wat tot gevolg gehad het dat sy haar vlug verpas het. ʼn Private straler is vir die minister gehuur teen R200 000. Die DA gaan die openbare beskermer vra om die kwessie te ondersoek.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.