Minister se vriend kry glo R6 miljoen vir indaba

Dina Pule

Die DA het die openbare beskermer versoek om ʼn ondersoek na die minister van kommunikasie, Dina Pule, se betrokkenheid by ʼn IKT-indaba te bespoedig nadat dit aan die lig gekom het dat die minister se vriend glo ook finansieel by die indaba gebaat het.

Die Sunday Times berig vandag dat die minister se vriend, Phosane Mngqibasa, glo R6 miljoen in bestuursfooie ontvang het vir die vierdaagse indaba wat die departement in Junie verlede jaar in Kaapstad gehou het. Volgens die berig het Pule se departement die organiseerder van die indaba gedwing om van Mngqibasa se maatskappy gebruik te maak vir die geleentheid. Die Sunday Times berig dat die betaling aan Mngqibasa bevestig deur ʼn verslag van die prokureursfirma Werksmans. Hooggeplaaste in die departement het aan die Sondagkoerant gesê dat ʼn ander maatskappy egter die meeste van die werk vir die indaba gedoen het. Marian Shinn, die DA se skaduminister van kommunikasie, sê sy het in September verlede jaar bevestiging van die kantoor van die openbare beskermer gekry dat hulle Pule se betrokkenheid by die indaba gaan ondersoek. “In die lig van die nuwe bewyse sal ek die openbare beskermer vra om die ondersoek te bespoedig en dit so gou as moontlik die uitslae van die ondersoek bekend te maak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.