Minister skok met k-woord op vlug

Lulu Xingwana. Foto: GCIS

‘n Minister het passasiers op ‘n vliegtuig na hul asems laat snak toe sy die kajuitpersoneel begin skel en die K-woord kliphard gebruik het.

Rapport berig dat Lulu Xingwana, die minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, glo woedend was omdat kajuitpersoneel van SAL nie haar kaartjie van ekonomiese klas na ‘n sakeklassitplek wou opgradeer nie. Xingwana het van Accra in Ghana na Johannesburg gevlieg. ‘n Medepassasier beweer dat Xingwana op ‘n wit lugwaardin geskree het: “Hou jou bek! Hou jou bek! Is dit omdat ek ‘n k****r is?” Zingwana het blykdaar daarop aangedring om na sakeklas te skuif hoewel dit reeds vol was. Die minister het ook blykbaar geweier om haar handsak in die kompartement bokant haar kop te bêre. ‘n Woordvoerder van SAL, Dileseng Koetle, het die voorval bevestig. “SAL is spyt en vra die minister om verskoning dat dit nie moontlik was om haar ’n sitplek in sakeklas te gee nie. Die SAL het ’n beleid van geen verdraagsaamheid teenoor enige vorm van rassisme.” Xingwana se woordvoerder, Cornelius Tanana Monama, sê die minister is geskok deur die leuens en versinsels van ’n “ooggetuie”. Sy het nooit op enigiemand geskree nie en ontken dat sy ooit die beweerde uitlatings gemaak het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

H J Bester ·

Die Minister se aangehaalde uitlatings verdien nie kommentaar nie want, indien dit waar is, hoort nie tuis by ‘n persoon van haar profiel nie. Dis vergesog en ongevraagd indien dit waar is.

Ek dink nie die kajuitpersoneel is verantwoordelik vir die plasing van van reisigers in soverre as wat dit die besigheid- of ekonomieseklas aangaan nie. Dis ‘n saak wat beklink word wanneer die bespreking gedoen word en waar ‘n voorkeur uitgeoefen word ten opsigte van die klas van jou keuse. Dit blyk dit dus duidelik dat die bespreking hoogs waarskynlik foutief gedoen nie en die voorkeur van die Minister nie in aggeneem is nie.

Die Minister skuld die kajuitpersoneel in der waarheid ‘n verskoning vir haar ongevraagde en platvloerse uitlatings en behoort die saak intern met haar eie personeel op te neem.

Susan Stander ·

Ek stem 100% saam met jou stelling. Mens spring nie so gou op jou perdjie nie, en om dan ander mense te beledig, veral in ten aanskoue van die publiek, skep ‘n bitter swak indruk. Sy is veronderstel om ‘n rolmodel te wees.

Willem Frost ·

Dis natuurlik ook sommer bollie dat ministers en staatsamptenare alewig net besigheidsklas en eerste klas wil rondrits. En in die duurste hotelle wil bly. Met die belastingbetalers se geld natuurlik. Wonder of sy nog so sou te kere gegaan het as sy self sou moes betaal.
Die voortdurende aandrang op die aller beste en aller duurste het waarskynlik baie te doen met n swak selfbeeld/minderwaardigheidsgevoel. Deur vir die samelewing te wys dat hulle belastingbetalersgeld kan blaas op onnodige luukshede, oorkom hulle skynbaar hul diep gesetelde minderwaardigheidsgevoel en die besef dat hulle onbekwaam is vir die poste waarin hulle hulself bevind.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.