Minister spandeer glo R2 miljoen op versierings

Minister Lulu Xingwana. Foto: GCIS

Lulu Xingwana, minister vir vroue, kinders en gestremdes, het glo sowat R2,1 miljoen spandeer om haar departement se hoofkantoor te meubileer en te versier.

Die Sunday Independent berig dat nagenoeg die helfte van die bedrag tydens slegs twee inkopie-sessies van R500 000 elk spandeer is. Volgens die berig is die departement verantwoordelik daarvoor om sy eie meubels aan te koop maar moet meubels vir die minister se kantoor deur die departement van openbare werke aangekoop word. Cornelius Monama, Xingwana se woordvoerder, het aan die koerant gesê daar was geen meubels toe die minister by haar nuwe kantoor in Pretoria ingetrek het nie. “Die meubels wat sy gebruik het toe sy by die Uniegebou was is in die presidensie gelos. Die minister gebruik steeds die vorige minister se meubels in haar Kaapstad-kantoor,” het Monama aan die koerant gesê. Hy het wel erken dat departement in een van die gevalle slegs twee kwotasies van diensverskaffers ontvang het in plaas van drie kwotasies, soos wat deur die amptelike regulasies vereis word. Hy sê Xingwana het ʼn ondersoek van stapel gestuur na die beweerde ongerymdheid. Die DA gaan intussen die ouditeur-generaal versoek om Xingwana se “buitensporige en verkwiste spandering” te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tante Afrikana ·

– ja my ou vader het altyd ‘n gesegde : “wanneer ‘n tamatiekissie ‘n stoel geword het, begin hy hom verbeel..”.

Marlene ·

Wanneer ‘n pispot dink hy is ‘n kastrol, dan gaan dit maar so!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.