Minister stap uit vergadering oor landelike veiligheid

Visagie spreek die media toe nadat Mthethwa uit die vergadering geloop het. Foto: Mia Willemse/eNuus

ʼn Vergadering tussen die minister van polisie, Nathi Mthethwa, en die Geloftevolk Republikeine het Donderdag kort nadat dit begin het, geëindig.

Mthethwa het nadat hy uit die vergadering gestap het aan die media gesê dat hy aanstoot geneem het nadat die ANC se naam genoem is aan die begin van die vergadering. “Toe ons begin het, het die afvaardiging kwessies geopper rakende die ANC. Ek kan nie oor die ANC praat op ʼn regeringsplatform nie. Ons was gereed om oor misdaadsaangeleenthede te praat. Ons moet die vergadering kanselleer.” Die partye het na afloop hiervan aparte mediakonferensies gehou. André Visagie, leier van die Geloftevolk Republikeine, sê Mthethwa het ontsteld geraak oor die gebruik van die woord “ANC” in plaas van “regering”. “My persepsie is dat dit dieselfde ding is aangesien die ANC die regering is. Ek het gesê ons is nie seker of die ANC die onluste [in die Wes-Kaap] ondersteun nie. Hy [Mthethwa] het gesê ‘nou maak jy dit ʼn politiese ding’.” Visagie sê die vergadering moes 10:00 begin maar dat die minister eers 12:00 opgedaag het en ʼn rede gekry het om die vergadering kort te knip. “In die afgelope jare is 4 000 wit boere vermoor maar daar is geen spesiale eenheid om ons te beskerm nie. Dit maak nie vir ons sin nie. Dit blyk dat die renosters meer belangrik is in Suid-Afrika as die lewens van wit mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Tante Afrikana ·

Ja lyk my as jy nie bevoegd is om ‘n land te lei nie, kan jy seker ook nie ‘n vergadering lei nie. Minister jy is onbekwaam !!!!

Werner ·

Hy [Mthethwa] het gesê ‘nou maak jy dit ʼn politiese ding’. Miskien omdat dit IS???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.