Minister stel Jode in SA teleur

Wendy Kahn, nasionale direkteur van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes

Wendy Kahn, nasionale direkteur van die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes

Die SA Joodse Raad van Afgevaardigdes het hul misnoë uitgespreek oor ʼn opmerking deur Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge, dat Suid-Afrikaanse ministers nie Israel besoek nie.

“Hierdie uitlatings is teenstrydig met vorige versekeringe wat die minister aan die Joodse leierskap gebied het dat haar regering ʼn rol wil speel om Israeli’s en Palestyne te help om hul verskille te oorkom en dat hulle met altwee partye sal vergader,” het Wendy Kahn, direkteur van die nasionale raad, gesê. “Hulle is oor die algemeen ook nie konsekwent met hul buitelandse beleid om nie ander regerings te boikot nie, maar om eerder aanhoudend met hulle in samesprekings te wees.”

Kahn sê tydens ʼn vorige vergadering met die raad het Nkoana-Mashabane ʼn behoefte uitgespreek dat Suid-Afrika ʼn rol sal speel in die vredesproses tussen Israel en Palestina deur ʼn dubbelstaat-oplossing te onderhandel.

Sy het gesê indien Suid-Afrika “diskriminerende strafmaatreëls” jeens Israel gaan toepas, sal dit geensins bydra tot die vredesproses nie. “Die uitlating ondermyn ook die land se geloofwaardigheid as ʼn faktor in wêreldwye konflikoplossing,” het Kahn gesê.

Nkoana-Mashabane het Vrydag gesê die land se ministers besoek nie Israel nie en “die raad weet hoekom”. “Ministers van Suid-Afrika lê nie tans besoek af aan Israel nie. Selfs die Raad van Joodse Afgevaardigdes weet hoekom ons ministers nie Israel besoek nie,” het sy by die vakbondfederasie Cosatu se komiteevergadering oor internasionale betrekkinge gesê. Sy het gesê Suid-Afrika is nie versoek om diplomatieke bande met Israel te “verbreek” nie, maar ʼn ooreenkoms is bereik om kontak met leierskap te verlangsaam en te beperk totdat dinge “beter lyk”.

“Die struggle van die mense van Palestina is ons struggle,” het Nkoana-Mashabane gesê. “Die laaste keer wat ek na ʼn kaart van Palestina gekyk het, kon ek nie slaap nie. Dit is net kolletjies, kleiner as die tuislande, en dit het my hart gebreek.”

ʼn Groep wat hulself beywer vir die vrylating van alle Palestynse politieke gevangenes, insluitend Marwan Barghouti, het ook die vergadering bygewoon. Barghouti het ʼn simbool geword vir die Palestynse struggle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Erich Goosen ·

Die ANC kabinet met Nr 1 aan die spits, is al berug vir onnadenkende dom dinge wat hul kwytraak. Hulle sal muishonde soos Gadaffi en Kie hier ‘n helde ontvangs gee maar is nog steeds kwaad vir ons Joodse broers en susters, seker omdat hulle voor 1994 saam met ons gewerk het aan wapenontwikkeling.

leon ·

Suid Afrika dink net so ver as wat hulle neuse is, endaar is nie veel nie. Israel was al die tyd goed maar vandat die gravy trein se mense oorgevat het is als op die afdraande. Waar gaan ons oor 10 jaaar wees soos hulle nou aangaan?

Jasper ·

Hul laat my dink aan n Jack Russel hondjie wat ek gehad het. Die ding was versot daarop om in vrot velle en stinkende drek te gaan rol en dan het hy van my verwag om hom vanaand op my skoot te tel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.