Minister stuit die soustrein

Minister Pravin Gordhan lewer sy begrotingtoespraak. Foto: GCIS

Minister Pravin Gordhan lewer sy begrotingtoespraak. Foto: GCIS

Pravin Gordhan, minister van finansies, het Woensdag ʼn stokkie voor oorbodige spandering van belastinggeld gesteek.

Hy het tydens sy halftermynhersiening van die begroting aangekondig dat die regering se amptelike voordele verminder gaan word en dat die helfte van die staatsdepartemente nie ʼn sent meer sal kry as waarvoor begroot is nie.

In ooreenkoms met die kabinet moet die staat strenger riglyne hê met betrekking tot voertuie, verblyf en reiskostes, wat van toepassing sal wees op alle regeringsleiers, van ministers tot burgemeesters.

Gordhan het gesê dié nuwe maatreëls sal van 1 Desember in werking tree en ʼn einde bring aan oorbesteding van  amptelike kredietkaarte, peperduur voertuie, luukse hotelverblyf en opgraderings van kabinetslede se huise. Hy het aan verslaggewers gesê die reëls sal ook op die presidensie van toepassing wees.

Lees meer oor die begroting hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Demokraat ·

Sal dit darem nou die oordadige spandering aan Nando’s wegneemetes, luukse hotelakkommodasie, duur vliegtuigritte, luukse motorhuur en sommer net ander uitspattighede ook keer ?

Stoere Boer ·

Jy sal sweer daar is ‘n verkiesing aan die kom so vroom raak die mense. Moet net keer of ons gaan almal yskaste en stowe uit die lug kry, genoeg skoon water, gratis elektrisiteit, dienslewering (so geen stakings) ag en sommer baie geld want almal gaan ‘n werk kry. Kyk die regering is nou so ernstig om op te hou geld mors, korrupsie te beveg en sommer op te hou paartie gooi dat daar nou geen nuus meer in die land sal wees behalwe plaasmoorde en dit sal met die snoerwet gekeer word om daaroor te berig. Klink amper so goed soos voor ’94.

Erich Goosen ·

Dit klink alles goed maar hoe gaan die strenger maatreels afgedwing word? Die ANC regering het vir die bykans 2 dekades wat dit in beheer is, nog weinig gedoen om die belhamels aan die pen te laat ry. Hoeveel Ministers, LURe, burgemeesters en andere wat staatsfondse vermors het, is al persoonlik aanspreeklik gehou en is daar van hulle persoonlik die geld terugge-eis? Niemand wat ek nog van weet nie.

Griet ·

Te min, te laat.

– Skrap ook die bloulig bendes, (lees bloulig begeleiding),
– Skrap ook : ALLE Lyfwagte op ALLE vlakke
(Misdaad is mos onder beheer aldus die minister van Polisie)
– Raak ontslae van ALLE ondoeltreffende amptenare op ALLE vlakke

Hou hierdie beleid vol vir die volgende 10 – 20 jaar en ons het dalk ‘n kans om die gemors om te draai…..

Eben ·

Pravin Gordhan weet jy regtig wat om jou aangaan? Hoekom nou na 20jr iets probeer doen? Het die verkiesing daarmee te doen? Komaan dwing respek af en gee jou EERLIK antw ons wag. Daar is GEEN manier dat die staats amptenare wat op die soustrein is, gaan afklim nie … dis n wens denkery van jou. Terloops wie gaan die Nando’s en KFC se rekening betaal?

Nee wat Pravin, jy weet duidelik nie waarvan jy praat. Terloops pluk gou verlede jaar se praatjie uit en meet jouself hoeveel van daardie lieg stories het realiseer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.