Minister van gesondheid in staatshospitaal opgeneem

Aaron Motsoaledi

Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is Dinsdag in die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria opgeneem.

Joe Maila, die woordvoerder van die ministerie van gesondheid, het gesê Motsoaledi is Dinsdagoggend in die hospitaal opgeneem vir ’n operasie. Hy het gesê die minister sal minstens ’n week lank buite aksie wees. Gwen Ramokgopa, adjunkminister van gesondheid, het Motsoaledi ’n spoedige herstel toegewens.

Intussen het Julius Malema se nuwe politieke beweging, die Economic Freedom Fighters (EFF), Woensdag gesê hulle is bly dat Motsoaledi ‘n staatshospitaal gebruik in plaas van ʼn privaathospitaal. “Die EFF keur dit goed, want een van ons fundamentele beginsels is dat alle verkose publieke verteenwoordigers van staatsdienste en –instellings gebruik moet maak,” het die EFF in ʼn verklaring gesê.

– Sapa

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dries ·

Ek wonder of hy ook 6-8 ure moes sit en wag voor ‘n dokter hom gesien het?? Ek wonder of hy ook sy eie komberse en kussing moes saamvat?? Ek wonder of hy ook die gemors wat hulle kos noem, kry om te eet??

Stoere Boer ·

Nee die agbare minister sal die beste diens kry. Susters en verpleegsters wat net wag vir hom om iets te sê, kos wat spesiaal vir hom bestel word (Hy kan mos nie hospitaal kos eet nie dis te sleg) en intussen is daar nou ‘n tekort van verpleegsters by die ander pasiënte. O ja en hy is die enigste in sy saal en die word seker ses keer elke dag gewas. Wag tot die polisie opdaag en die nuus inkom wie hom almal besoek en watter voertuie ry hulle.

Peter Bezuidenhout ·

Maak n video opname van sy verblyf,hy moet presies dieselfde behandeling kry as almal,niks spesiaal nie.Ons sal jou dan glo…

HELENA SEABORNE ·

die donner mus hier in middelburg hospitaal kom le het en dieselfde kak behandeling kry as almal om hom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.