“Minister van justisie diskrimineer teen waarnemende landdroste”

hofhamertjie-2-320x264AfriForum het toegetree tot die regstryd van ’n voormalige waarnemende streeklanddros van Middelburg, Mpumalanga, mnr. Derick van Wyk, om ’n drakoniese maatreël waarmee die minister van justisie teen waarnemende landdroste diskrimineer, opgehef te kry.

’n Volbank van die Noord-Gautengse Hooggeregshof hoor Woensdag ’n appèl van die minister van justisie aan teen ’n vroeëre bevinding ten gunste van mnr. Van Wyk. AfriForum dra die regskoste namens mnr. Van Wyk vir die opponering van die appèl.

Mnr. Van Wyk het in Desember 2010 met ’n dringende hofaansoek daarin geslaag om te keer dat die departement sy salaris met 40% sny. Die departement het destyds dié ingrypende stap gedoen op grond van ’n Staatskoerantkennisgewing waarin president Jacob Zuma aangekondig het dat landdroste wat op ’n deeltydse basis as landdroste optree, slegs 60% van die salarisse van voltydse landdroste verdien. Verder het deeltydse landdroste geen verlof of pensioenvoordele nie. “Weens traagheid by die departement om voltydse aanstellings te maak, word die waarnemende landdroste bloot by herhaling vir drie maande op ’n slag heraangestel. In sekere gevalle neem landdroste al vir tydperke van solank as 9 jaar waar, maar hulle geniet geen byvoordele wat landdroste met permanente aanstellings het nie. Hulle durf egter nie hulle situasie betwis nie, want dan loop hulle gevaar om die enigste inkomste wat hulle het te verloor deurdat die staat bloot nie hulle kontrakte hernu nie,” het Willie Spies, regsverteenwoordiger van AfriForum gesê.

“Hoewel mnr. Van Wyk suksesvol was met sy hofaansoek, het die departement van justisie daarna nie sy kontrak hernu nie en moes hy weer as prokureur begin praktiseer. Mnr. Van Wyk is dus effektief deur die departement gestraf omdat hy dit gewaag het om teen ’n growwe diskriminerende maatreël van die departement standpunt in te neem.”

Mnr. van Wyk het vanaf Mei 2009 tot vroeg in 2011 as ’n waarnemende landdros in die streekhof in Middelburg gewerk. Sy kantoorhoof het hom destyds ’n positiewe getuigskrif gegee en ondersteun vir ’n voltydse aanstelling, maar nogtans het die departement verseg om hom voltyds aan te stel.

“Die departement het, hoewel hulle mnr. Van Wyk se kontrak beëindig het, steeds geappelleer teen die uitspraak in sy guns deur regter Ferdi Preller. Skynbaar is die departement bekommerd oor die presedent wat deur regter Preller se uitspraak geskep is,” het Spies bygevoeg.

Volgens Spies is die situasie onaanvaarbaar en het AfriForum besluit om mnr. Van Wyk by te staan in die opponering van die departement se appèl. Mnr. Van Wyk het in 2009 sy werk as regsbeampte by ’n groot onderneming bedank om ’n kontrakaanstelling as landdros te aanvaar met die verwagting dat ’n voltydse aanstelling as landdros mettertyd sou volg. Ten spyte van goeie prestasie word sy regte saam met 40% van sy salaris egter nou deur die staat weggeneem.

“Dit is eintlik skreiend dat die regering, met die een hand sterk gekant is teen die praktyk van arbeidsmakelary en kontrakaanstellings in die privaat sektor, maar met die ander hand presies dieselfde praktyk in stand hou ten opsigte van sy landdroste wat ’n integrale rol moet speel in die regspleging in die land.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gert Malan ·

Kom ons maak dit sommer baie eenvoudig, dit was ‘n blanke waarnemende landdros wat goed was in wat hy gedoen het. Skeeloog en sy trawante het eintlik iemand gesoek wat onderpresteer het en sleg was sodat hy dan net later iewers ‘n senior pos kan kry! Ons moet saamstaan en Afroforum ondertseun.

Trippie ·

Dagsê Gert – altyd ‘n plesier om jou replieke te lees.

Ek stem, ek is reeds ‘n vurige ondersteuner van AfriForum.

***

Goeie dag ook aan Mitz.

MITZ MALAN ·

Gert, ek kon dit nie beter gestel het nie! Jy het die spyker sooo raakgeslaan, ek sien die fokken ding nie eers nie!!

MITZ MALAN ·

Gert, ek kon dit nie beter gestel het nie!! Jy hyet die spyker soooo raakgeslaan, ek sien dit nie eers nie!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.