Minister veroordeel Sanral-veiligheidsaanvalle

Dipuo PetersDipou Peters, die minister van vervoer, het Maandag drie pogings die afgelope week wat personeel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) se hoofkantoor in Midrand se veiligheid bedreig het, streng veroordeel.

Peters het ʼn beroep op owerhede gedoen om hul ondersoek so vinnig moontlik van stapel te stuur sodat die skuldiges wat vir die dade verantwoordelik is, aangekeer kan word.

“Hierdie aanvalle is nie net op Sanral nie, maar op ons grondwet wat veiligheid en sekuriteit aan alle inwoners van die republiek waarborg,” het hy gesê. Lees meer hier.

Maroela Media het vroeër berig Sanral se hoofkantoor is Dinsdag en Vrydag ontruim nadat daar op albei dae ’n koevert met ’n wit poeier afgelewer is. In albei gevalle is ondersoek ingestel om te bepaal of die poeier antraks is. Die wit poeier was egter onskadelik. Die kantore moes Sondag ‘n derde keer ontruim word na ‘n vals bomdreigement.

Lees ook:
Sanral-hoofkantoor ontruim na bomdreigement
Sanral oorweeg aparte posbus
Sanral-poeier is skadeloos
Sanral wéér ontruim 
Sanral: Alles weer normaal ná antraksskok
Verdagte wit poeier by Sanral nie antraks nie
Poeier is skadeloos – Sanral

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Vra maar net ·

“Hierdie aanvalle is nie net op Sanral nie, maar op ons grondwet wat veiligheid en sekuriteit aan alle inwoners van die republiek waarborg.”?????? Nou wonder ek net hoekom word die Boere se veilig en sekuriteit nie gewaarborg nie, of is daar miskien ‘n ander grondwet vir die Blankes van hierdie korrupte land waarin ons bly?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.