Minister versoek rustigheid in Brits

Foto: @bemol79/Twitter

Foto: @bemol79/Twitter

Nathi Mthethwa, die minister van polisie, het Dinsdag ʼn beroep op inwoners van die Brits-omgewing in Noordwes gedoen dat gemoedere moet kalmeer nadat twee inwoners Maandag glo deur die polisie tydens ʼn gewelddadige diensteleweringsbetoging doodgeskiet is.

Mthethwa het in ʼn verklaring gesê die publiek het die grondwetlike reg om te betoog en hul stem dik te maak oor kwessies waarmee hulle ontevrede is. “Dié reg beteken egter nie dat hulle gewelddadig moet optree, eiendom beskadig of die polisie moet aanval en ander intimideer nie,” het Mthethwa gesê.

Inwoners van Mothutlung naby Brits betoog sedert Sondag omdat hulle glo drie maande laas skoon drinkwater gehad het. Die betogers het ʼn pad met brandende bande versper en die polisie is ontbied om die betoging te monitor. Daar was glo ʼn skermutseling tussen die betogers en die polisie waarna die twee betogers doodgeskiet is.

Mthethwa het gesê daar is nie ʼn “kultuur van straffeloosheid” in die polisie nie. “Ons kan die publiek verseker indien enige polisiebeampte skuldig bevind word, hulle die nodige gevolge sal dra.”

Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die saak. Intussen het Thandi Modise, die premier van Noordwes, die inwoners versoek om hulle volle samewerking aan Opod te gee tydens hul ondersoek.

Lees ook:
Ondersoek na twee sterf tydens betoging oor water

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

GawieM ·

Is dit nie hoo gtyd dat daar teen die persone wat die dienste moet lewer, daarvoor betaal word en nie hulle werk doen nie, op te tree nie. Raak ontslae van hulle en kry bevoegde mense wat die werk kan en sal doen en die probleem landwyd sal iets van die verlede wees.
Hierdie probleem was nie daar voor 1994 nie.

hyla ·

Die land verval in wetteloosheid en die regering maak net lee beloftes. Die arme polisie moet ook net hulle werk doen. As hulle optree is dit verkeerd, en as hulle dit nie doen nie is dit ook verkeerd. Dis n kultuur ding lyk dit my, brand af en vernietig. Dan betoog jy vir heroprigting van dit wat jy verwoes het. Maak dit sin?????

Eben ·

Hyla die regering maak soos jy ook tereg skrywe net lee beloftes. Dis hoog tyd dat die mense wat in posisies sit tot verantwoording geroep word. Aan die anderkant het die regering aan die mense GRATIS water ens belowe. Dis nie nagekom en ongelukkig staan die mense saam en ‘leer’ die regering n les. Iets wat die wittes (myself ingesluit) nie kan doen. Dus manne ….. BREEK AF!!!

Die polisie skuil agter n uniform, want trek hy dit uit is hy/sy n nul op n kontrak. Dus kan hy maak wat hy wil. Dis ongehoord. Dis tyd dat die polisie ook in die bek geruk kan word maar met slapg@t leier is dit nie moontlik.

Ek glo Thandi Modise moet van haar duur motors verkoop en daardie geld skenk vir die opgradering van skoonwater aan die mense. Dis nie eers te praat/skrywe van die inwoners van Brits wat met groen water sit. Ek daag Thandi uit om n glas van daardie vuil water voor die mense te drink.

william ·

Ek het nie baie simpatie met die mense nie want hulle het die ANC ingestem. Jy kry wat jy vra.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.