Minister vra meer WVF-voordele vir huishulpe

1328519272_311305296_1-Pictures-of--Ellen-is-an-Experienced-Domestic-WorkerWerkloosheidsversekeringsfonds-voordele wat huishulpe affekteer moet uitgebrei word, het Mildred Oliphant, minister van arbeid, gesê.

“Ons kort stelsels wat sal verseker dat werkers in die sektor nie langer misbruik word nie,” het Oliphant in ʼn toespraak gesê. Oliphant het huishulpe toegespreek by ʼn stadion in Khayelitsha as deel van ʼn openbare deelname-program. Oliphant sê verskeie voorstelle rakende wysigings aan die WVF-wet word tans ondersoek. Een van die voorstelle is dat werkers soos huishulpe vir ʼn jaar in plaas van ses maande WVF-voordele moet ontvang. Oliphant het ʼn beroep op huishulpe gedoen om verhore rakende die departement se hersiening van wetgewing by te woon. “As jy dit nie jou besigheid maak om die verhore by te woon nie, kan werkgewers hul sienings deurdruk en word jy agtergelaat.” Sy sê die WVF sal ook intussen nagenoeg 1 000 afgedankte huishulpe oplei. ʼn Totaal van 646 578 huishulp-werkgewers en ʼn totaal van 657 908 huishulpe is by die WVF geregistreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudie Thirion ·

Die Afrikaans vir die Engelse woord “stadium” is “stadion”. In watter stadium van die geskiedenis het “stadium” die woord “stadion” in Afrikaans vervang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.