Minister vra vir vreedsame betoging

Die foto is verlede maand tydens die gewelddadige betogings in Swellendam geneem. Foto: Dirk Smit Havenga

Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, het ʼn beroep gedoen op betogers om vreedsaam te wees tydens Dinsdag se beplande staking in die Wes-Kaap.

“Geweld het geen plek in ons samelewing wat se fondasie as ʼn demokrasie op intensiewe maatskaplike dialoog gebaseer is nie,” het Oliphant in ʼn verklaring gesê. Oliphant het ook ʼn beroep gedoen op boere om voort te gaan met gesprekke met hulle werkers ten einde ʼn oplossing te probeer vind vir hulle besware. Duisende mense sal na verwagting Dinsdag aan betogings in die Wes-Kaap deelneem. Die Wes-Kaapse polisiekommisaris, Arno Lamoer, sê geweld sal nie geduld word nie. “Almal het die reg om vreedsaam te betoog. Maar ek sal enigiemand wat teen die wet optree in hegtenis neem en vervolg.” Agri-SA kon nie onmiddellik vir kommentaar bereik word nie.

Verlede maand is twee mense dood en miljoene rande se skade aangerig na gewelddadige betogings in De Doorns, Wolseley, Ceres en verskeie ander dorpe in die Wes-Kaap. Die betogings is tot 4 Desember opgeskort op voorwaarde dat die minister van arbeid hoër lone vir plaaswerkers instel. Minister Mildred Oliphant het egter reeds verlede week gesê al word daar nou op ʼn hoër minimum loon besluit sal dit eers in April in werking tree.

Lees ook:
Wes-Kaap Cosatu vra vir landswye betogings
ANC lê klag teen Zille oor W-Kaapse onluste
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
De Doorns-oproer: Polisie hou situasie dop
De Doorns-oproer: Kwaadstokers glo met busse aangery
40 vas ná gewelddadige betogings in Swellendam
De Doorns-oproer: Verkneersknoop by pont naby Swellendam
De Doorns-oproer: Cosatu moet betogers nog eers inlig oor betogings
De Doorns: “Skiet die goed vrek,” sê polisie glo
De Doorns-staking: Boer beseer, paaie gesluit
De Doorns-staking vir eers opgeskort
De Doorns-staking: “Plaasarbeider” sterf, vyf beseer
De Doorns-staking: Boere versper pad na Ceres
De Doorns: Motorbande aan die brand gesteek, paaie versper
De Doorns: Matrieks verhoed om eksamen te skryf
De Doorns: ANC vra boikot van SA wyne
De Doorns-staking brei nou uit na ander dorpe
De Doorns: Polisie ontken hulle het betogers aangeval
De Doorns: Marikana het na die plase toe gekom
11 plaaswerkers van De Doorns in hegtenis geneem
De Doorns-boere vlug van plase

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.