Minister: ‘Waterkloof twee kan nie teruggaan tronk toe nie’

Gert van Schalkwyk (links) en Reinach Tiedt (regs). Foto's: SAPA

Die minister van korrektiewe dienste, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê haar departement kan nie twee lede van die sogenaamde “Waterkloof vier” dwing om terug te gaan tronk toe nie.

“Dit is net ʼn hof wat kan bepaal dat hulle moet teruggaan tronk toe,” het Mapisa-Nqakula aan The Star gesê. Reinach Tiedt en Gert van Schalkwyk is op 16 Desember verlede jaar op korrektiewe toesig vrygelaat nadat hulle sowat drie jaar van hul 12 jaar vonnis uitgedien het. Die departement het intussen vyf lede van die Zonderwater-gevangenis se paroolraad geskors hangende ʼn interne ondersoek na Tiedt en Van Schalkwyk se vrylating. “Die ondersoek het ten doel om te bepaal of daar sameswering was tussen lede van die paroolraad en beamptes van korrektiewe dienste. Ons probeer bepaal wat verkeerd gegaan het,” het Mapisa-Nqakula gesê. Die kommissaris van korrektiewe dienste, Tom Moyane, staan hulle vrylating teen. Volgens hofdokumente versoek Moyane dat die besluit deur landdros Peet Johnson om Tiedt en Van Schalkwyk vry te laat, hersien en ter syde gestel moet word

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.