Minister weier om handsak te laat skandeer, belastingbetaler dok op

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabana. Foto: GCIS

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Maite Nkoana-Mashabane, sê weiering om haar handsak deur ʼn lughawe se skandeerder te laat gaan, het belastingbetalers duisende rande uit die sak gejaag.

Volgens ʼn berig in die Mail & Guardian het Nkoana-Mashabane geweier om haar handsak te laat skandeer by ʼn lughawe in Oslo in Noorweë terwyl sy op ʼn staatsbesoek was in die land. Nkoana-Mashabane het as gevolg hiervan haar kommersiële vlug gemis na haar volgende diplomatieke verantwoordelikheid in Bulgarye. ʼn Privaat straler is gehuur om Nkoana-Mashabane te vervoer. Volgens haar departement het dit die belastingbetaler R235 343 uit die sak gejaag. Dit is nie duidelik wat die minister in haar handsak gehad het en hoekom sy dit nie wou laat skandeer nie. Volgens Nkoana-Mashabane se departement het sy korrek opgetree aangesien die Vienna-konvernsie diplomate vryskel van bagasie ondersoeke by lughawens. ʼn Woordvoerder van die departement, Clayson Monyela, sê die minister was daar in haar hoedanigheid as Suid-Afrika se top diplomaat en dat sy reg opgetree het om te weier dat haar handsak geskandeer word. Hy sê daar was niks onwettigs in die minister se handsak nie maar dat dit die prinsiep van die saak is.

Lees meer hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.