Minister wil beleid hê oor borsvoeding

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi. Foto: GCIS

Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê daar moet ʼn algemene konsensus bereik word oor die ontwikkeling van beleid rakende borsvoeding in Suid-Afrika.

Motsoaledi het Maandag by ʼn konferensie oor borsvoeding in Pretoria gesê die toename in kindersterftes in die land is onstellend. Hy sê borsvoeding moet as een van die voorste strategieë gesien, beskerm en ondersteun word in die stryd teen kindersterftes. Volgens die Nasionale Demografiese en Gesondheidsopname van 2003 maak slegs sowat 8% van vroue in die land alleenlik van borsvoeding gebruik om hulle babas te voed. Motsoaledi skryf die statistiek toe aan die “aggressiewe en dodelike” bemarking van formulemelk en die wanvoorstelling dat borsvoeding ʼn teken van armoede is. Die minister sê een manier om te verseker dat vroue borsvoed is om formulemelk nie beskikbaar te stel sonder ʼn voorskrif nie en sekere streng voorwaardes daaraan te koppel. ʼn Pediater en professor in kindergesondheid aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, Hoosen Cavoodi, sê die regering moet ophou om formulemelk te subsidieer en eerder vroue aanmoedig om te borsvoed, al is hulle MIV positief al dan nie. Die konferensie eindig Dinsdag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

MMS ·

Die reaksie op Facebook op hierdie artikel was nogal skokkend – skokkend negatief!  Dit is asof ons “default setting” geword het om alles wat die regering sê en doen te kritiseer, sonder dat ons eers die meriete van die saak oorweeg het. 

Die minister se opinie is in lyn met internasionale kenners se opinies wêreldwyd en sy gedagtes om die voordele van borsvoeding – veral in ‘n land met ‘n sosio-ekonomiese situasie soos Suid-Afrika s’n – met ‘n beleid vas te maak, is Europese state en Amerika strate vooruit.

Ek het gehoop dat Maroela Media nie ‘n plek gaan word waar Afrikaners net nog gal kom braak soos rondom vele braaivleisvure nie, maar die reaksie op hierdie artikel op MM se Facebookblad het my effens ontnugterd gelaat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.