Ministers: ‘OB onredelik’

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die openbare beskemer, het onredelik opgetree toe sy besluit het om om haar voorlopige verslag oor opgraderings aan president Jacob Zuma se Nkandla-woning vry te stel sonder om kommentaar te kry van die ministers in die veiligheidsgroepering.

Jeff Radebe, minister van justisie, het Saterdag tydens ʼn mediakonferensie in Pretoria gesê vier werkdae was nie genoeg vir die ministers om die verslag van 357 bladsye te analiseer nie. “Deur ons die geleentheid te gun om op die voorlopige verslag kommentaar te lewer voor dit aan ander partye beskikbaar gestel word, het die openbare beskermer die regsplig op haar erken om te verseker dat die voorlopige verslag nie nasionale veiligheid en die veiligheid van die president in gedrang bring nie.” Hy sê Madonsela het die verslag op 1 November aan die ministers oorhandig en hulle tot 6 November gegee om kommentaar te lewer. Hy sê nadat die regering probeer uitstel kry het om die verslag beter te bestudeer en dit geweier is, het hulle geen ander keuse gehad as om die hof te nader nie. “Die openbare beskermer het volgens ons onredelik opgetree deur te weier om ons die geleentheid te gee om behoorlik die verslag te bestudeer soos deur die openbare beskermer versoek.” Radebe en die ander ministers in die veiligheidsgroepering het egter ontken dat daar enige pogings is om Madonsela te intimideer of om te keer dat die verslag bekendgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Daan ·

Watse veiligheid van die president? Is elke bunker en ontsnappingsroete geskets en openbaar gemaak? Hoekom Radebe so optree is seker omdat Zuma of sy raadgewers hom voorsê om daardie kan wurms weer dig toe te maak.
Hierdie is ‘n bang nasie. Bang om omvêr gegooi te word. Ek bly in Muckleneuk Pretoria en die sekuriteit om die regeringsamptenare se wonings lyk soos Fort Knox. Dan nog die bloulig brigade!
NP se dae was dit nie so nie.

leon ·

Hulle is bang die hele land sien hoe skelm is hulle en hoe mors hulle ons belasting. We’ll met Zumpie met sy klomp vrouens en kinders kort hulle n stad nie n dorp nie. Korrup is te goed om hulle te noem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.