Minki ʼn pienkvoet ryker

Minki van der Westhuizen en Ernst Joubert. Foto: Twitter

Minki van der Westhuizen, die internasionale model en televisieaanbieder, het Woensdag ʼn babadogtertjie ryker geword.

Van der Westhuizen is verlede jaar op 8 Junie met die voormalige rugbykaptein van die Leeus, Ernst Joubert getroud. Die egpaar woon tans in Londen. Minki het Woensdagoggend op Twitter gesê: “Katerien Joubert is vanoggend gebore! 2.93kg en perfek!! Prys die Here vir ‘n perfekte baba!!!!”

Dit is die egpaar se eerste kind.

Sy het nog nie ʼn foto van die kleinding geplaas nie, maar het op 1 Julie kort voor sy geboorte geskenk het, ʼn swangerskapfoto saam Joubert publiseer met die woorde: “Any day now….. Can’t wait to meet the ‘other’ love of my life” (Binnekort… Ek kan nie wag om die ‘ander’ liefde van my lewe te ontmoet nie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

marliese ·

Baie geluk aan die egpaar met die nuwe dame in die huis. Weet dat sy vir jul baie vreugde sal gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.