Minstens 386 kinderpornografie-slagoffers in internasionale klopjag gered

kinderbeskermingIn waarskynlik een van die grootste veldslae in die oorlog teen kinderpornografie en -mishandeling wat nóg in die wêreld opgeteken is, is 386 slagoffers van dié misdade die week regoor die wêreld gered.

Ondersoekbeamptes van verskeie lande, insluitend Kanada, Amerika, Duitsland, Australië, Spanje, Meksiko, Noorweë en Griekeland werk sedert 2010 as deel van ’n reuse ondersoekoperasie genaamd “Project Spade” om die misdadigers wat dié gru-misdade pleeg, aan die pen te laat ry. Nagenoeg 350 mense, insluitend onderwysers, dokters en akteurs van verskeie lande regoor die wêreld is die week in hegtenis geneem en honderde duisende video’s waarop eksplisiete seksuele dade met jong kindertjies gepleeg word, is in beslag geneem.

’n Man met die naam Brian Way (42) was na bewering aan die spits van die pornografiesindikaat. Way het sedert 2005 ’n formele maatskappy, Azov Films, bedryf wat mense van regoor die wêreld gebruik het om kinderpornografie te vervaardig met kinders tussen die ouderdomme van 5 en 12 jaar oud. Die video’s is dan deur die maatskappy versprei. Meer as 1 000 bewysstukke is by Way se kantoor en huis gevind en uiteindelik is 24 klagte, insluitend ’n klag van kinderpornografie teen hom gelê.

Ondersoekbeamptes glo dat nóg arrestasies binnekort sal volg.

Bron: Assosiated Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Justi ·

Hoe sielsiek gaan die mensdom nog raak? Dit is verskriklik hoe onskuldige kindertjies gebruik word om die SIEK mense se wellus te bevredig.
Mens wonder waar en wanneer sulke siek eindig? Kindertjies is werklik n geskenk van bo, aan ouers geleen……..
Mag die sielsiek varke erge tronkstraf of die doodstraf op gele word. Dit maak my siek tot in my maag om sulke dinge te hoor en lees.

Trippie ·

Dis SIEK !!!! Ek verstaan nie die satisfaksie wat hierdie breinlose morone daaruit put nie – en dit nog mense wat universiteitsopleiding het, mense wat met kindertjies werk !

Mariana Kriel ·

Die siekste is die feit dat daar ‘n mark is daarvoor. Indien niemand die begeerte gehad het om te kyk na die verkragting van kinders nie, sou niemand ooit die verkragting opgeneem en verkoop het nie. Nie net die mense wat dit vervaardig moet gestraf word nie, maar elke persoon wat daarna kyk moet op een of ander manier saam gestraf word. Hoe sê hulle? Die deler is net so goed soos die steler

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.