Minstens 45 mense dood in Sirië-onrus

Siriese magte het minstens 45 mense gedood in ʼn tenkaanval in die noordelike stad van Hama luidens ʼn berig van die BBC.

Onrus kom reeds die afgelope paar maande in Hama en Sirië voor waar mense betoog teen president Basjhar al-Assad. Betogers eis ekonomiese en politieke verandering. Die regering se onderdrukking van die betogings het reeds gelei tot selektiewe sanksies teen Sirië deur die Europese Unie. In 1982 is duisende mense dood nadat Al-Assad se pa, Hafez, troepe ontplooi het om wydverspreide onrus te onderdruk. Volgens aktiviste in Sirië is daar reeds meer as 1500 burgerlikes en 350 veiligheidsmagte in die onrus dood wat sedert Maart vanjaar voorkom. Meeste buitelandse media is verban uit Sirië en is dit dus baie moeilik om ʼn duidelike prentjie te kry van wat in die land gebeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.