Minstens 6 weke voor e-tol begin

e-tollDie departement van vervoer het Donderdag bekend gemaak dat dit ten minste ses weke gaan duur voordat die e-tolstelsel in Gauteng in werking gaan tree.

“Minister Dipuo Peters kan eers ‘n datum aankondig nadat die 30 dae vir openbare kommentaar oor die tariewe, wat in die Staatskoerant gepubliseer is, verstryk het,” het Tiyani Rikhotso, woordvoerder vir die departement, gesê. “Die minister moet dan die kommentaar oorweeg voordat ‘n finale besluit oor die tariewe gemaak kan word.” Hierna sal Peters die datum aankondig wanneer die e-tolstelsel in werking gaan tree, en dit kan eers ná ‘n verdere 14 dae gebeur. “Ons moet die proses tyd gun om sy gang te gaan sonder dat ons daardeur haas.”

Volgens Rikhotso vereis die wet die minister om kennisgewing te gee van die aanvangs van die e-tolstelsel.

Die hoogste hof van appèl het Woensdag ‘n aansoek deur die Bondgenootskap teen Stedelike Tol (OUTA) van die hand gewys nadat die organisasie beswaar aangeteken het teen die inwerkingstelling van e-tol deur die Nasionale Padagentskap (Sanral).

“Ons moedig die publiek aan om vir e-tol te registreer en hul skyfies te kry,” het Rikhotso bygevoeg. “Indien jy reeds ‘n skyfie het, is daar sekere voordele aan jou verskuldig, insluitend laer tariewe teenoor diegene wat nog nie skyfies het nie. Mense moet enige versoeke, om passief teenoor e-tol op te tree of burgerlike weerstand, verwerp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

wollie wolfaardt ·

Hier op Ellisras (Limpopo kry ons nie sneeu nie,kry nie handboeke nie, kry nie e tolhekke nie)

H J Bester ·

Mens wonder onwillekeurig wat die konsekwensies gaan wees sou duisende padgebruikers in Johannesburg nie vir e-tol gaan registreer en hul skyfies afhaal nie ? Die wetstoepassing maak nie voorsiening om soveel oortreders aan te keer nie, die howe sal dit nie kan hanteer nie en die tronke loop alreeds oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.