Minstens 77 dood na trein ontspoor

Foto: @RCTVenlinea/Twitter

Minstens 77 mense is dood en 143 beseer nadat ʼn trein Woensdag in die Galicië-provinsie in die noordweste van Spanje ontspoor het.

Die trein het 222 mense vervoer en was amper by ʼn stasie toe die ongeluk plaasgevind het. Vier van die waens het omgeslaan nadat die trein ontspoor het. Die liggame op die spoor is met komberse toegegooi. Die ongeluk het op ʼn lang hoë-spoed spoor sowat 4km van die hooftreinstasie in Santiago de Compostela plaasgevind. Volgens TVE, die openbare uitsaaier, het die trein glo ontspoor aangesien dit te vinnig gery het. ʼn Woordvoerder van die spoorwegmaatskappy sê dit is egter nog te vroeg om oor die oorsaak van die ongeluk te spekuleer. Die ongeluk kom minder as twee weke nadat ʼn passasierstrein naby Parys ontspoor het en tot die dood van ses mense gelei het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.