Minstens 89 sterf tydens stormloop in Indië

Ratangarh-tempel in Datia, Madhya Pradesh Foto: ratangarhmata.org

Ratangarh-tempel in Datia, Madhya Pradesh Foto: ratangarhmata.org

Ten minste 89 mense is Sondag dood tydens ‘n stormloop op ‘n brug by ‘n Hindu-tempel in Indië. Volgens die polisie het nog mense moontlik gesterf toe hulle in die rivier onder die brug gespring het.

“Ons het bevestiging dat 89 mense dood is en dié getal kan selfs tot 100 styg,” het DK Arya, adjunk inspekteur-generaal van die polisie, aan AFP gesê. Altesaam 17 kinders en 31 vroue is dood. “Meer as 100 mense is beseer in die ramp wat in Madhya Pradesh plaasgevind het.”

Die stormloop het glo gevolg ná bewerings dat die brug kan meegee nadat ‘n swaar voertuig die brug getref het. “Daar was bewerings dat die brug kan meegee nadat ‘n trekker daarin vasgery het. Ons is bekommerd dat talle mense in die rivier geval het en dat ons nog nie van hulle weet nie.”

Ander bronne van die polisie het aangedui dat daar sowat 20 000 mense op die brug oor die Sindh-rivier was toe die stormloop plaasgevind het. Sowat 400 000 volgelinge was reeds binne of rondom die tempel in die Datia-distrik, sowat 350km noord van Bhopal.

Hindus vier tans die einde van die Navaratri-fees en miljoene aanbidders lê besoek af aan tempels in die noorde van Indië.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.