‘Minstens agt gay mans in Gauteng vermoor’

Minstens agt gay mans is sedert 2010 in hulle huise in Gauteng vermoor, het OUT, die ondersteuningsorganisasie vir gay, lesbiese, bi- en transseksuele mense, gesê.

OUT se direkteur, Dawie Nel, sê al die sake is steeds nie opgelos nie. Die groep het ʼn beroep gedoen op die polisie om dringend aksie te neem na die nuutste moord op die Joburg-teater se bestuurder Rulov Senekal (67). Senekal se liggaam is Sondagmiddag in sy huis in Braamfontein in Johannesburg gekry. “Al agt moordslagoffers was gay. Hulle is in hul huise vermoor, niks of slegs ʼn paar items is gesteel, daar is geen tekens van geforseerde toegang nie en meeste van die slagoffers is verwurg.” Nel sê OUT het ‘n span saamgestel om die moorde by die betrokke polisiestasies op te volg. ʼn Polisiewoordvoerder, sers. Jenny Pillay, sê niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Senekal nie. Sy wou nie kommentaar lewer oor die ander moorde nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.