Minstens een dood in Oekraïne-betoging

KiefMinstens een persoon is dood in die betogings op die Onafhanklikheidsplein in Oekraïne se hoofstad, Kief.

Duisende mense neem daagliks deel aan dié betogings teen die pro-Russiese beleid van pres. Viktor Janoekovitsj. Die Oekraïne is ‘n voormalige Sowjetrepubliek.

Die oppossieleier en bokskampioen, Vitali Klitsjko, het ‘n oproep tot kalmte gedoen en gevra dat die betogers nie die regeringsmagte deur provokasie rede te gee om te skiet nie.

Tot dusver het die oproerpolisie traangas teen die betogers ingespan, wat op hul beurt die polisie met brandbomme en afgebreekte plaveistene bestook het. Na berig word het die oorledene ‘n skietwond.

Sondag is die polisie ook deur gemaskerde betogers aangeval. Na berig word is 70 polisielede en ‘n onbekende aantal betogers beseer. Die voorval het gevolg nadat die parlement verskerpte wetgewing teen betogings aangeneem het, wat dit onder meer met 15 dae tronkstraf strafbaar maak om ‘n masker te dra.

Die betogings het in November begin, en ‘n magstryd tussen die partye geword om die Oekraïne nouer by Wes-Europa of Rusland te laat inskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.