Minstens een dood, talle beseer na winkelsentrum ineenstort

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Minstens een persoon is dood en 29 beseer nadat ʼn winkelsentrum wat in aanbou is Dinsdag ineengestort het in Tongaat, noord van Durban.

Volgens paramedici is twee van die beseerdes kritiek. Daar is aanvanklik gevrees dat meer as 50 werkers moontlik onder die puin vasgekeer was. ʼn Voorman het egter aan reddingswerkers gesê dat talle werkers moontlik reeds huis toe is aangesien hulle besig was om op te pak. Snuffelhonde was laat Dinsdagaand nog op die toneel om na werkers te soek wat moontlik onder die puin vasgekeer is. Skhumbuzo Ngcobo, een van die konstruksiewerkers, sê die ongeluk is moontlik veroorsaak deur die konstruksie van die winkelsentrum wat te vinnig beweeg het. Hy sê die steierwerk is twee of drie dae nadat die sement gegiet is verwyder. Nomvuzo Shabalala, adjunk-burgemeester van eThekwini, het vroeër gesê konstruksiewerk aan die winkelsentrum was nie veronderstel om plaas te vind nie. “Ons het die kontrakteurs ʼn maand terug hof toe gevat. Ons het gedink hulle het gestop.” Shabalala sê die munisipaliteit het die hof genader aangesien die kontrakteurs nie die korrekte prosedures gevolg het nie. Senzo Mchunu, premier van KwaZulu-Natal, het sy skok uitgespreek oor die ongeluk.

Foto: @crisismedDbn op Twitter

Foto: @crisismedDbn op Twitter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Seg ·

Gedink hulle het gestop? Is dit goed genoeg? Julle lieg. Hier is weer ‘n omkopery aan die gang.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.