‘Minstens R500 000’ vir Zuma-tafel

Zuma. Foto: GCIS

ANC-afgevaardigdes en sakepersone sal minstens R500 000 in totaal moet opdok vir die presidensiële tafel tydens die Progressiewe Sakeforum (PBF) se gala-ete Saterdagaand.

Renier Schoeman, mede-sameroeper van die PBF, kon egter nie ʼn presiese prys vir ʼn individuele kaartjie bekendmaak by president Jacob Zuma se tafel nie. “Dis minstens R500 000 [gesamentlik] om aan die [president se] tafel te sit. Die sitplekke is reeds bespreek.” Daar is vroeër berig dat die mynmagnaat Patrice Motsepe R50 000 betaal het om vanaand aan Zuma se tafel te sit. Minstens 900 betaalde gaste sal vanaand se gala-ete bywoon. Sowat 50 ministers, hul adjunkte en lede van die nasionale uitvoerende komitee sal ook die ete bywoon. Schoeman sê 15 ambassadeurs is ook na die geleentheid genooi. Die ANC se verkiesingskonferensie begin Sondag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.