Minstens vyftien dood in Nairobi-winkelsentrumskietery

geweer4-320x1791Die Westgate-winkelsentrum in Nairobi, Kenia het vanoggend in ’n slagveld verander toe minstens vyf onbekende, gewapende mans die winkel ingestorm en links en regs begin skiet het.

Minstens vyftien mense is in die aanval doodgeskiet terwyl minstens twaalf beseerdes op draagbare en in winkeltrollies uit die gebou gebring is. Skote het twee ure na die krisis begin het, steeds van tyd tot tyd opgeklink terwyl die polisie vir die verdagtes in die gebou gesoek het.

Die Somaliese militante-groep, al-Shabaab het al meermale gedreig dat hulle dié winkelsentrum gaan teiken, maar niemand het tot dusver verantwoordelikheid vir die aanval aanvaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

anita ·

Net n taal regstelling : in u berig die volgende. “al meermale gedreig dat hulle dié winkelsentrum gaan teiken, “. Volgens my moet dit lees telkemale. “. Ek mag verkeerd wees maar die sin klink nie reg nie. Met verwysing na die berig : dit klink soos Suid Afrika. Dis alledaags hier by ons. Misdaad is n Afrika probleem net soos hongersnood in die bodeel van Afrika.

Jasper ·

Stem saam, maar sal graag by jou wil hoor waaraan jy die “Afrika probleem” toeskryf.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.