Sandton in Johannesburg ervaar tans ʼn toename in misdaad, wat die polisie noop om polisie-sigbaarheid te verhoog.
EWN het Woensdag berig dat polisiespeurders en beamptes van spesialiseenhede nou moet help om roetine straatpatrollies uit te voer. Bryanston, Parkmore, Riverclub, Illovo Manor, Kelvin, Buccleuch en Marlboro Gardens is glo die voorstede wat tans erg gebuk gaan onder huisbraak en kapings. Polisiebeamptes het aan EWN gesê bykans die hele Sandton-gebied word hierdeur geraak.
Sommige beamptes kla egter dat hulle nie nou tyd kry om hul gewone sake te ondersoek nie, aangesien hulle nou werk moet doen wat gewoonlik deur ander eenhede behartig word.
“Dis ʼn nuwe strategie in reaksie op die verskuiwing van misdaadpatrone,” het Kym Cloete, woordvoerder van die Sandton-polisiestasie, gesê. “Dit het nie ʼn impak op die polisie se gewone dienste nie. Speurders en spesialisdienste kan steeds hul taak verrig al is hulle op patrollie.”
Die nuwe patrollies is tans al twee weke in werking. Dit is in die stadium nog nie bekend hoe lank dit volgehou gaan word nie.
Bron: EWN
en wat maak di mense wat daar bly so special? geld? so ons armgatte is maar op onsself aangewese want die rykes wat versekering kan bekostig is belangriker as ons. tros. as hulle dit vir die spul dun dan mut hulle dit vir ons ok dun. ons betaal ok belasting en het ni die geld om ons gud te vervang wat gesteel word ni.