Misdaadstatistiek onbruikbaar

statsDie burgerregte-organisasie AfriForum is van mening dat die misdaadstatistiek meer gereeld bekendgemaak moet word vir dit om ’n betekenisvolle impak te hê op die gemeenskap se bydrae in die stryd teen misdaad.

Reg Crewe, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid sê die misdaadstatistiek moet kwartaalliks, of selfs maandeliks, bekendgemaak word, sodat die polisie, in samewerking met gemeenskapsveiligheidsnetwerke en buurtwagte, teenstrategieë vir die bekamping van misdaad kan beplan en uitvoer.

“Die retrospektiewe vrystelling van statistiek het bitter min waarde vir Suid-Afrikaners. Teen die tyd wat ons hierdie statistiek kry, is die inligting reeds ses maande oud. Polisiestasie word beveel om nie die statistiek bekend te maak nie, hoewel dit in hulle besit is,” sê Crewe.

Crewe sê verder dat elke polisiestasie ’n analise-sentrum vir misdaadintelligensie het, en dat misdaad dus daagliks aangeteken word. “Dit is frustrerend om in ’n vergadering van ’n gemeenskappolisiëringsforum of sektorpolisiëringsforum te sit en polisiebeamptes vra om verskoning omdat hulle nie die statistiek beskikbaar kan stel nie, hoewel hulle besef dat dit die gemeenskap sal help met inisiatiewe om misdaad te help bekamp. Dit is soos om ’n bokser te blinddoek en die ring in te stuur, en daarna te wonder waarom hy so sleg geslaan is. Dit is nie wys nie.”

Die Nasionale Polisiekommissaris, Generaal Riah Phiyega het vandag by die bekendmaking van die jaarlikse nasionale misdaadstatistieke gesê dat die gemeenskap en polisiereserviste ’n kardinale rol speel in die stryd teen misdaad.

Suid-Afrikaners wat AfriForum wil bystaan om met gemeenskapsveiligheidsnetwerke veiligheid in dorpe te verbeter, kan die naam van hul dorp SMS na 31336. (’n SMS kos 50c)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Jasper ·

Jou finasiëlestate vir die Bank en SARS stem nie noodwendig altyd ooreen nie. Vir wie was die statistiek bedoel ? Die bevolking of buitelandse beleggers ?

Gawie Botha ·

Dit sal meer van belang wees dat die inligting van die polisie sal bekendmaak,hoeveel van die sake wat ondersoek is,is daar skuldigbevindings gewees,en wat die vonisse was,en hoeveel sake is as ongegrond,of afgekeur!,,,,,,,,,,,en vir welke maande,,,,en welke provinsies,,,,,,,,
,,hulle het die inligting,maar skroom daarvan weg om die inligting bekend te maak!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.