Nathi Mthethwa, die minister van polisie, en Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, het Donderdag die misdaadstatistiek vir die 2011/2012-boekjaar in die parlement bekend gemaak.
Die moordsyfer is met 3.1% af, verkragting het met 1.9% gedaal en huisroof is 1.9% laer as verlede jaar. Besigheidsroof het egter met 7.5% gestyg. Dwelmverwante misdade is 15,6% hoër as verlede jaar, terwyl daar ʼn afname in kapings, transitorooftogte en bankrooftogte is. Die Oos-Kaap se moordsyfer is die hoogste met die Wes-Kaap kort op sy hakke.
Kommer is reeds vanuit verskeie oorde uitgespreek oor dié data, veral oor aspekte soos die verskuiwing van misdaad, totale stygings in vergelyking met totale dalings en die uitsluiting van plaasmoordstatistiek. Vir nuuskommentaar hieroor, kliek hier.
Kliek hier om die volledige verslag te sien asook spesifikasies van alle gebiede.
Hulle suig hierdie uit hulle KFC duime,hulle het geen idee waarvan hulle praat nie……..hulle het die liedjie hier by ons ook probeer sing,maar ongelukkig vir hulle was ons skietgoed reg